The world now seems to be a completely different one than the one I lived in about ten years ago, when I started looking into the mechanics of quality of life. It wasn’t the world (and its people) that changed really, it was how I thought of it. - See more at: http://www.spiritscienceandmetaphysics.com/9-mind-bending-epiphanies-that-turned-my-world-upside-down/#sthash.bFmkeopo.dpuf
Popular Posts
-
Donasie deur Crowdfunding aan die Paljas Backpackers projek op die Bult Potchefstroom, Suid Afrika. Daar kom 'n tyd om te vra… Dis ...
-
My dag het reeds vroeg begin. Ek veg verbete hier op die Bult teen al die giftige plastiek Vure wat straat kinders en karwagte deur die na...
-
The Wooden Eiffel tower at Paljas Backpackers Bult Cachet Park, Potchefstroom. South Africa Build on assignment by Sakkie Britton, our prof...
-
Ek sien groot moeilikheid vir die Grieke.... Die Griekse is nou alleen in die wêreld.. Ons self, die RSA, moet maar baie oppas hiervoor e...
-
Jurie het hier by Paljas Backpackers Potchefstroom ingeboek op Dinsdag 17 Junie 2014. R200 betaal vir sy kamer met geld wat hy net tevore by...
-
The world now seems to be a completely different one than the one I lived in about ten years ago, when I started looking into the mechanics ...
-
Daar is nog steeds wonderwerke.... Ek het nou net by die Spur in Potchefstroom gaan eet. Die jong vrou wat my bedien erken ek toe.... Hoe...
-
Kan iemand dalk help? Hierdie is week op week se scenario. Dit vat net so baie energie van my. Om 00h30 die 29 ste April 2014 loop ek uit...
-
99% vee in Zim-provinsie kan vrek. So sê hierdie Beeld opskrif van 8 Julie 2015. Agnee nie alweer nie! Hou tog nou op met die storie Mnr M...
-
Hierdie fotos is geneem Vrydag oggend 21 Junie 2014 voor die Wimpy op die Bult park, Potchefstroom. Hierdie is gevaarlike en giftige plast...
Wednesday, June 25, 2014
Tuesday, June 17, 2014
Jurie Pieters die geloof loper.
Jurie het hier by Paljas Backpackers Potchefstroom ingeboek op Dinsdag 17 Junie 2014. R200 betaal vir sy kamer met geld wat hy net tevore by iemand gekry het. Die geld was presies die prys vd kamertjie.
Jurie, nou 48 jaar oud, het 5 jaar gelede die Redwood restaurant in Franschhoek besit, verloor toe sy geliefde vrou en tweeling dogtertjies van 9 jaar oud in 'n motorongeluk by Drie Susters op die N1. Die skok was so groot vir hom dat hy toe alles verkoop en op 'n 2 jaar wêreld toer gaan en gebruik so al sy geld op.
Of dit nie genoeg was nie word hy met brein kanker gediagnoseer 2 jaar gelede.
Toe begin Jurie te stap.
Hy stap al sedert September 2013. Het al 12500 km afgelê met 'n 40kg rugsak; Die nuwe Forest Gump van Suid Afrika. Begin in Kaapstad en stap toe Gauteng, Nelspruit, Richardsbaai, Durban, Harrismith, Gauteng en met N12 en N1 weer terug Kaap toe.
Waarom doen hy dit alles? Dit is 'n geloofsaak sê hy: Jurie het 'n geloofsooreenkoms met God die Vader, in sy woorde , dat hy sal bly stap vir die res van sy lewe tot hy gesond is. Sy doel is om na 5 jaar terug te gaan na die dokters en te sê, sien ek is gesond.
Hy stap nou reeds Gemiddeld 50km per dag. Jurie se onmiddellike stap planne is om van Potchefstroom na Klerksdorp dan terug na Gauteng, Pietersburg, Gauteng, N14 na Springbok en dan met Weskus af te loop.
Jurie sê hy is so bevry deur die gestap, het baie geloof en geen bekommernisse nie. Dit alles ten spyte van min sekuriteit, geen geld en gereeld langs die pad slaap in sy tentjie. Hy kyk nou heel anders na die lewe.
Ek vat 'n kans om sy selnommer hier te plaas, maar nou ja.... Die wat met hom wil gesels kan hom kontak op sy selfoon. Wie weet, dalk kan julle vir mekaar iets beteken. Hy vat geen rygeleenthede nie, Jurie is ernstig, hy stap net.
Jurie laat my dink aan Job van die Bybel.
Sterkte my vriend.
Danny Nel
Sunday, May 25, 2014
Danny Nel at the Grahamston national art festival, 2012.
Cue Online
Home of the Official Newspaper of South Africa's National Arts Festival
About Us CueAds Live Multimedia Print Editions
Navigate through Grahamstown
July 6th, 2012 by cujo
Everyone should experience Festival at least once in their lives, but there are those who make it an annual ritual. Danny Nel, who calls himself a “professional festival-goer,” is one such individual. Dressed in a grey parka, red beanie, comfortable walking shoes and carrying a backpack, he is the picture of someone who knows his way around a festival. His long grey hair is pulled back into a ponytail. He pulls out a wad of tickets, bound together with an elastic band.
Nel has been coming to Grahamstown since 1994; he has been to the Festival every year for 18 years. Averaging five shows per day, Nel usually manages to fit 55 shows into his 11-day visit. He sees about 120 shows a year–not exactly what you would expect from an agricultural economist.
Nel begins by paging through the Festival programme, memorising the shows he would like to see and then doing massive block bookings. For the remainder of his time he fits in what he can, whenever he has time. “I love the coincidence thing,” he said. “Yesterday I went on the CityWalk, because I met someone at Red Café who was going on it. So I went along with her.”
If a show is full he sees it as a challenge to get in, shouting “Ticket!”, at the door. This was how he came to be in one particular Gala concert, where he ended up sitting next to the same man two years in a row. “I’ll see you next year,” they said to each other, parting afterwards.
This Festival is cheaper than others, said Nel, who also attends the Aardklop Festival and the Klein Karoo Nasionale Kunstefees annualy, where shows generally cost R100 each. Compared to Festival, these others are like a young girl. “Grahamstown is more like an old prostitute,” he said. Things are more advanced here, with more chances taken. “Some of the pieces I have seen here would never be shown at an Afrikaans arts festival; there would be an uprising.”
Nel has travelled by bus, car, plane and train and stayed just about everywhere. “I stayed in the Old Gaol for a couple of years; I’ve stayed in hostels, tents, the Fest hotels. This year I’m staying in a digs.”
During his many Festivals, Nel has met many interesting individuals and had countless strange encounters. He recounted the events of a particular evening spent dancing in a tent, surrounded by hippies, and drinking Chai tea by a fire.
“Every year is the best,” he said, “I don’t, I cannot, compare them.”
Kate-Lyn Moore
Share this:
Email
Print
Facebook
Google +1
Twitter
You may also like:
Bailey rocks Grahamstown divide
Posted in @Fest | 0 Comments
Previous post: Performer not so obscure
Next post: Writer, director and now also a set designer
Copyright © 2012 Cue Online
A Project of Rhodes University New Media Lab
Powered by the WordPress Mobile Pack | Theme designed by Forum Nokia
Switch to our desktop site
Sunday, May 18, 2014
Bult Potchefstroom Saterdag 17 Mei 2014
My dag het reeds vroeg begin.
Ek veg verbete hier op die Bult teen al die giftige plastiek Vure wat straat kinders en karwagte deur die nag maak. Die Vure word gemaak van die swart sakke vol vullis wat die winkels en drink plekke hier uitsit. Ek bly op die Bult ruik dit dadelik as dit gemaak word, my keel trek toe en voel of ek nie asem kry nie. So duisende mense word daardeur geraak, weet dit net nie want hulle sit nog met jong gesonde longe.
Vanoggend reeds om 06h00 het Gert, 'n werklose wat hier by Paljas Backpackers lodge bly en uithelp, 'n giftige plastieksak vuur gaan doodgooi teen die toilette naby die Wimpy en reg langs die polisie waentjie.
So terloops. Die polisie sien nie hierdie giftige vure as hulle taak vir optrede nie. Die brandweer help wel maar met 'n groot gedoente.
Ek self het vanmiddag laat lekker geoefen by die Virgin Active en vanaand gaan fliek by die Mooi Rivier Mall. Voel al half skaam daaroor, maar die fliek Konfetti vir die vyfde keer gaan sien. Daar is net iets in daardie fliek wat my vang.
Omtrent so 22h00 op die Bult aangekom, wou cuppacino by die Akker gaan drink maar hulle was al aan die toemaak.
Kuier vir 15 minute by Manny se groente kafee en praat oor die en dat. Hongaarse paar koop koejawels en pekanneute en sê dat hulle more terug vlieg Europa toe.
'n uitdagende EFF lid met sy rooi overall en Barret koop sigarette.
Ek stap verder na die Wimpy en sien vir Lilly by Varsity shop met haar sambok. Sy jaag die straat kinders weg wat hulle lastig val.
'n Polisie waenjie pronk so 50meter verder op die parkeer terrein met 'n blou lig en al. Dit word 24 uur beman deur 'n paar polisiemanne.
Lilly kla by my oor 'n probleem van mense wat met oop drank bottels rondloop. Sy het dit wel gister oggend by die polisie karretjie gaan aanmeld maar hulle het net die polisie patrollie gebel.
Daar is 'n groep mense wat rondstaan by 'n kar met oop deure en kattebak. Ongelooflike harde musiek weerklink daaruit. Josef die karwag vlug skoon weg daarvan en staan so 50 meter in 'n noordelike rigting weg.
"My ore kan dit nie hanteer nie meneer.." kla hy en hou sy kop vas.
'n paar kitaarspeler speel by die Absa OTM' s. Studente trek geld so tussen hulle deur.
Die Wimpy is 24 uur oop en ek sit nou hier en drink rooibostee met suurlemoen en heuning. Dis nou 01h00 en die Wimpy sit nog met 'n klompie studente. Al die ander kuierplekke is nog vol. Daar is seker maklik 300 karre nog hier op die Bult.
Ek dink dis tyd om te gaan slaap.
Oppad terug Paljas Backpackers toe merk ek weer 'n giftige plastiek vuur by dieselfde plek op en neem vinnig die foto. Ons bel vir Ismael by die brandweer, om die 1h30 Sondag 18 Mei 2014. Kom ons kyk wat gebeur. Gaan hulle uitkom of nie. Hy sou ons terug bel.
Ismael het nie terug gebel nie.
Intussen sit die polisie 'n paar meter verder en doen niks aan die saak nie.
Ai toggie.