Popular Posts

Friday, July 18, 2014

Asemhalingsprobleme op die Bult.

Die maak van giftige plastiek vure op die Bult hou net aan en aan ten spyte van die ongelooflike gesondheidsgevare wat dit vir duisende mense inhou. Tog is dit of die owerhede nie werklik belang stel nie. Dit ten spyte van ons grondwetlike reg op skoon lug. 

Die polisie neem 'n passiewe rol in oor die giftige plastiek vure en die Brandweer probeer hulle bes maar vanoggend toe ons weer die Brandweer bel het hulle op ons geskreeu dat hulle ander vure het om dood te maak en wou  op 5 versoeke nie hulle name vir ons gee nie. Nou ja, wat doen mens .... 

Die straatkinders en mense wat die vure maak steur hulle ook aan niemand en niks nie en sê hulle kry koud, so hulle hou aan om die plastiek te brand. 

So wat bly oor... Of ons maak die vure self dood, maar die probleem is dat die vuurmakers baie aggressief raak. Dit het weer sy eie probleme. 

“The burning of plastic bags releases chemicals into the air that we all breathe, causing serious lung damage and contributing to other long-term health problems. For people with lung diseases such as asthma and Chronic Obstructive Pulmonary Disease, even a single exposure to this type of smoke can worsen their disease. This can result in hospitalization, increased use of expensive medications and absences from school or work.”
Background Information: ….
Dr. Brian Graham, President & CEO, Lung Association of Saskatchewan

The PVC lifecycle -- its production, use, and disposal -- results in the release of toxic, chlorine-based chemicals. These toxins are building up in the water, air and food chain.
The result: severe health problems, including cancer, immune system damage, and hormone disruption. No one can escape contamination: Everyone, everywhere has measurable levels of chlorinated toxins in their bodies.

Google of lees hier oor die gevare van plastiek vure.

http://plasticisrubbish.com/2008/06/02/dioxins-why-you-dont-want-to-be-burning-plastic/

Tuesday, July 15, 2014

Ventersburg Caltex stop.

Uitgefees in Grahamstad, sit met verkoue en amper weer terug in Potchefstroom.  
Gisternag oornag in Colesberg en vandag eers gaan rondshop in Bloemfontein.
Drink nou n koffie om wakker te bly en laai my selfoon hier by Ventersburg,  Maxis,  Sullivia Caltex stop. Mmm... Een vd min plekke met plugs by die tafels.
Sanral het die paaie hier heeltemal verander.  Nou 3 maand oop. Baie verbeter maar met vreeslike verwarrende pad aanwysings. Moes 5 km verbyry voor ek weer kon omdraai.
Ek vertrou Sanral gaan nog al die aanwysings reg stel anders sien ek swarigheid vir die besighede hier.
Almal gaan net verbyjaag. 

Wednesday, July 9, 2014

Giftige en gevaarlike plastieksak vure op die Bult. 21 Junie 2014.

Hierdie fotos is geneem Vrydag oggend 21 Junie 2014 voor die Wimpy op die Bult park,  Potchefstroom.

Hierdie is gevaarlike en giftige plastiek swartsak vure op die Bult. Hierdie rook is so lewensgevaarlik maar trek blykbaar geen aandag van die gesondheidsowerhede nie. Dit laat letterlik duisende jongmense op die Bult met long probleme.
Die giftige plastiek vure word deur die nag gemaak. Die gemors,  soos op die fotos, lê ook maar altyd hier. Daar is ook geen respek vir die wat die toilette moet gebruik nie,  as dit nie soos gewoonlik gesluit is nie. 
Weekliks bel ons die brandweer deur die nag wat met groot moeite die vure kom blus net om dadelik daarna maar net weer gemaak te word.
Daar is min belangstelling van die owerhede om dit te stop.
So gaan net aan en aan en aan....