Popular Posts

Sunday, July 26, 2015

PAC leier verjaag arm plaaswerkers van sy plaas af. Dis Wreed!

PAC leier verjaag arm plaaswerkers van sy plaas af.
Dis darem baie lelik en wreed van hierdie landlord!...
Hoe kan hy!
Die nuwe garde plaaseienaars moet maar versigtig wees.
Die gat wat jy vir ander gegrawe het kan jy maklik self by inval.
So Gwede Mantashe ANC secretary general moet maar baie versigtig wees met sy mooi Ooskaap plaas.
"There is no gaurentees in #SouthAfrica.
Niemand weet wie is more in beheer hier nie.
So wees maar baie nederig, en baie versigtig met die gate wat jy vir ander grawe. 

http://www.netwerk24.com/nuus/2015-07-26-pac-leier-verjaag-armes-van-sy-plaasArtikel in Rapport bl 6, 26 Julie 2015. 

Sunday, July 12, 2015

Giftige plastiek vure op die Bult Potchefstroom,11 Julie 2015.

Jammer as ek hier aan die vloek gaan,  maar wragtig genoeg is genoeg

Hierdie foto is geneem van hierdie giftige plastiek vuur om 22h15 Saterdag aand regoor Fiori Café op die Bult, Potchefstroom.
Die giftige gasse wat hierdie plastiek vure afgee is baie giftig, ongelooflik kankerwekkend en gevaarlik!  Google dit bietjie.
Verder kan mens die rubberagtige rook 100 meter ver ruik.
Dit gee 'n dik swart wolk af wat my longe in elk geval gladnie kan hanteer nie. Verder word dit in hierdie geval gemaak onder 'n boom en teenaan 'n klomp vullissakke teenaan die afval huisie. Tog ook seker 'n groot brandgevaar.
Hierdie mense wat die vure maak is ook aggressief en vee hulle gatte in elk geval aan jou af as jy hulle vra om dit dood te maak.
Daar is seker 500 studente vanaand hier. Onthou daar is 34 000 NWU studente in 'n 2 km radius.
Net een tot 5 mense maak die vure en vergiftig duisende mense. Maar nee die restaurante moet aan die belaglike rookwette voldoen terwyl hierdie ouens met moord wegkom! .

Daar is feitlik geen manier om deur die owerhede die vure te laat blus nie. Indien mens wel probeer verg dit ongelooflike effort en gatlek. Net om dan te staan te kom teen 'n muur van passiewe optrede, weerstandige en langdradige  aggressiewe samewerking. So asof hulle jou 'n groot guns bewys en ek die klaer hulle vyand is.
Die polisie weier summier behalwe dalk met 'n ompad. Met die brandweer het ek ook al opgegee, Ook hulle het elke keer 'n ander storie waarom hulle dit nie kan blus nie. Behalwe dat hulle swak samewerking gee en ook aggressief reageer op 'n oproep. Daar moet altyd oor en oor verduidelik word waarom hulle dit moet blus tenspyte van 'n email wat ek het dat hulle dit moet doen.

Wat ons eerder nodig het is 'n paar swepe vir hierdie slapgat demokrasie van ons.
Almal vra groot geld maar gee lamsakkige swak diens.
Ek strike en weier om hulle verder te vra.
Nee magtig man!
Sulke mense het ek nie nodig in my lewe nie.
Alles vat net te veel  tyd en energie!

Friday, July 10, 2015

Die meisie by die Spur

Daar is nog steeds wonderwerke....

Ek het nou net by die Spur in Potchefstroom gaan eet.
Die jong vrou wat my bedien erken ek toe....

Hoelank werk jy al hier by die Spur as waitress?
Al baie lank oom,  22 jaar om korrek te wees.
Dis darem ongelooflik lank.
Maar gelukkig hou ek die maand op oom.
Ek het werk gekry in Miami Florida! .
Rerig,  vir hoe lank gaan jy?
5 jaar oom, Ja, dit het my 5 maande gevat om dit te kry.

Ek staan verstom.

Mense ontsnap nog wonderbaarlik uit hulle comfortzones....
En so verlaat die jong mense ons land opsoek na groener velde.

Sal die laaste een wat die land verlaat asb die lig afsit. ....

Wednesday, July 8, 2015

Afrika se 'droogte' probleem


99% vee in Zim-provinsie kan vrek. 

So sê hierdie Beeld opskrif  van 8 Julie 2015.

Agnee nie alweer nie! Hou tog nou op met die storie Mnr Mugabe. 

In my bykans 30 jaar as 'n professionele landbou ekonoom het ek gevind dat die goeie boere altyd maniere gehad het om droogtes te oorkom en kon hulle van krag tot krag gaan tenspyte van die sikliese droogte en natuurlike rampe. 

Die goeie boere kon hulle probleme voorsien en daarvolgens beplan. 

Jou swak boere het altyd droogte as 'n verskoning gebruik vir sy eie swak bestuur.

Altyd gesê... Dis die groot droogte. 

Tog is 'droogte' in hierdie verband dalk eerder 'n funksie van bestuur as van die natuur. 


Zimbabwe tree hier soos 'n tipiese swak boer op. 

Hulle boer op die beste plaas, maar nee...  

Dis die droogte se skuld sê hulle dan ewe vroom... 

Waar dit eintlik tog net swak politiek en 'n swak bestuursfout is... 

Erken net dat jy 'n swak boer is, Dis al.


 

Tuesday, July 7, 2015

Griekse tragedie Julie 2015. Oppas Suid Afrika en leer maar betyds daaruit!

Ek sien groot moeilikheid vir die Grieke....
Die Griekse is nou alleen in die wêreld..

Ons self, die RSA, moet maar baie oppas hiervoor en hieruit leer.
Dit gaan net te lekker hier met al die sosialistiese kommuniste in beheer.

"There is no such thing as a free lunch."
Kyk net na ons 16 miljoen mense wat toelae vd staat kry.
Die baie korrupsie in die regering en staat.
Tender bedrog.
Die amper 50% vd jaarlikse begroting aan staatsdiens salarisse met baie lae gepaardgaande produktiwiteit.
Laat my dink aan die nimmereindigende BEE entitlement in RSA.
Altyd opsoek na nog! nog! En nog!
"Yes, For free"...
Ai tog.
Wat 'n illusie!

Oppas dis hoe ons self en lande later bedelaars word.
Daar is Geen 'gaurentees' in hierdie lewe nie.

Ons regering is baie naïef om te dink dit kan nie met ons gebeur nie.
Bog!
Dit kan!