Popular Posts

Saturday, June 27, 2015

Pres Zuma speel nou Russiese Rolette met Suid Afrika se toekoms!

Pres Zuma speel nou Russiese Rolette met Suid Afrika se toekoms!
Daar is 'n geheime nuwe atoom energie kragsentrale ooreenkoms met Rusland op die tafel.
Nog een van president Zuma se onder die tafel 'deals'

Ek ruik 'n dooie rot.
Die kontrak met Rusland gaan R1 triljoen kos. (R 1 000 000 000 000 )
9600 MW baie duur krag produseer, wat te duur vir die armes gaan wees.
Rusland sal 20 jaar monopolie hê en aanvaar ook geen verantwoordelikheid ingeval van 'n ongeluk nie.
Alles word in geheim gedoen.
Ek wonder hoeveel kommissie gaan hier betaal word, op watter manier en wie gaan dit kry?
Sienende dat die ANC party in groot finansiële moeilikheid is en daar 'n baie goeie lojale verhouding tussen die twee staatshoofde bestaan.
Ek vra maar net.

Lees vandag in die Star.

Sunday, June 7, 2015

'n gediggie. Dis al.

Dis al
dan...
'n emosie vlieg verby.
Ek gryp daarna.
Ek verlang na jou
Jou gesig dan die dan daai
'n soulmate, 'n liefling van my siel
My intieme verlange
My vryheid
Ek wil nou daar wees
Daar by jou
Sien daar diep in jou oë
Vir die oomblik
Jy's nou daar vir my
Die liefde wys vry in jou oë 
Jou bene effe oop
Skaamteloos...
Alle grense val oorboord
Die emosies wys naak en oop.
Jy verstaan jou eie optrede nie.
Ek myne ook nie.
Jy's hier jy's daar.
Jy's lig
Jy's swaar
Jy wil.
Ons spring oor al ons menslike tekortkominge heen.
Ons wil
Ons gaan
Ek en jy
Vir die oomblik net ek en jy.
Wat sal ek tog sê.
Dis al.

Danny Nel 7 Junie 2015

Tuesday, June 2, 2015

Treurgrond - Die film

1 Junie 2015.
Plaasmoorde....
Vanaand het ek na die film Treurgrond gaan kyk...
Wat het ek ervaar? Ek voel om hier net oor my ervaring te praat....
Ek was skepties, baie skepties en nie lus vir 'n depressiewe dogmatiese opswepery aandjie nie.
Moet sê ek was verbaas en aangenaam verbaas.
Na die film was, ek gladnie depressief gelaat nie maar snaaks genoeg gemotiveerd...
Selfs trane van meelewendheid gehad op die einde.
Ook voel mens een met almal wat saam gekyk het. Ek het dit nog net in 'n paar ander films so gevoel.
Dis so asof hierdie plaasmoorde ons almal saam se probleem is. Ongeag wie jy ookal in Suid Afrika is.
Dat ons almal saam aan die probleem moet werk. Dit is ons toets.
Ek voel baie gestig deur hierdie film en dink dis vir almal om te sien.