Popular Posts

Wednesday, April 30, 2014

Giftige plastiek Vure op die Bult Park Potchefstroom.


Kan iemand dalk help?
Hierdie is week op week se scenario. Dit vat net so baie energie van my.

Om 00h30 die 29 ste April 2014 loop ek uit die Wimpy (24 uur oop)  op die Bult, Potchefstroom.
Die Wimpy personeel wys my op die giftige plastiek vuur daar naby teenaan die sogenaamde toiletgeriewe.
Om 00h58 laat ek Paljas Backpackers Lodge die brandweer bel in Potchefstroom. (ek bly daar)
Ons Rapporteer die groot giftige plastiek vuur aan hulle en noem dat dit straatkinders is wat beskikbare vol swart plastieksakke leeg maak op 'n groot vuur.

Dorothy van die brandweer antwoord en sê hulle sal nie kan uitkom nie want al hulle toerusting en manskappe is besig om 'n gras vuur op die N12 dood te maak. Hulle het toe ook nie uitgekom nie.
Normaalweg kom hulle darem wel uit.

My verdere probleem is dat 50 meter vandaar sit 'n 24 uur polisie bemande pos wat niks aan die saak doen nie en dit ook nie as hulle taak sien nie om die vuur te laat blus nie. Hulle skuil glo agter die grondwet en dat die kinders koud kry. So ek doen nie eers die moeite om hulle te vra nie.

Intussen ly letterlik duisende studente op die Bult onder die gifgasse. Hulle weet dit dalk nie eers nie, want hulle sit nog met jong longe en bowendien gebeur dit in die vroeë oggend ure.

Die gifgasse beïnvloed my egter ongelooflik, ek weet dadelik as daar so 'n vuur gemaak word; my sinusse trek toe, ek sukkel om asem te haal en my keel word seer.

Hoe is dit moontlik dat sigaret rook onwettig is maar die tipe van vure word geïgnoreer deur die polisie.
Waarom moet ek twee en meer keer per week die giftige plastiek vure rapporteer aan mense wat nie eintlik wil optree nie. Wat se samelewing is ons dan?

Intussen moet ons hierdie ongelooflike hoë munisipale rekenings betaal maar dis asof dit niemand se probleem is nie.

Dus tyd dat ons skoon lug het hier op die Bult opeis en dat die owerhede hulle werk  begin doen.

My voorstel is:
Sit tog 'n bord op wat duidelik daarop wys dat giftige plastiek Vure onwettig is, dalk dan sal die polisie dan optree.

En

Hou die vol swart sakke buite die straatkinders ek karwagte  se bereik. 

Monday, April 28, 2014

Vryheidsdag aand by die akker

Ek, Graham, Hannes en Chris sit hier en stront praat by die Akker. Dis 'n koelerige aand hier op potchefstroom. Ons eet lekker, hulle bied maandag aande 'n special aan, koop een ete kry een gratis.

Sunday, April 27, 2014

Spiritual Quote

Pierre Teilhard de Chardin’s work was his spiritual practice – he was a Jesuit priest – and he wisely said, “We are not human beings having a spiritual experience; we are spiritual beings having a human experience.”

Saturday, April 26, 2014

Mugg & Bean Mooirivier Mall Potchefstroom

Dis nou Saterdag 26 April 2014 tyd 16h00. Dis langnaweek en 'n baie rustige dag hier op Potchefstroom. Nou net my `ontbyt` geeet. :-)
Dis Beeld vinnig verslind. Kyk na al die mense. Ek hou nogal van my alleen wees, moet seker weird wees vir ander mense.
Maar my alleenheid maak dit moontlik om hierdie stuk te skryf.
Wil nog gou 2 overalls en 'n deurslot by Game gaan  vir Paljas Backpackers lodge. 
Gaan weer vanaand n fliek kyk, sal maar daar besluit wat.
Ek tik nou weer op hierdie Samsung note 3 sê Swift program, dis flippen ongelooflik om met so te trek oor die sleutelbord en dan spring die woorde so uit.

24 uur Wimpy Potchefstroom 26 April 2014

Ek sit nou hier in die wimpy en drink rooibostee suurlemoen en heuning. Dis nou 00h32 die 26 ste April 2014. Ek sit hier en vind myself :-).
Hierdie Samsung note 3 is darem 'n oulike foon en vervang feitlik al my rekenaars. Ons lewe in die mees ongelooflike tye.
Ongeag of dit die begin van 'n langnaweek is, is die wimpy vol studente. Gelukkig slaap daar vanaand darem 6 gaste sover in my Paljas Backpackers. Dis do 200 meters hier vandaan. 
Ek het nou die blog begin en is nog besig om dit uit te toets. Gaan nou sommer ook 'n selfie neem. 
So goeie nag.
Ek tik Ongelooflik lekker met hierdie Swift tik program.