Popular Posts

Wednesday, April 30, 2014

Giftige plastiek Vure op die Bult Park Potchefstroom.


Kan iemand dalk help?
Hierdie is week op week se scenario. Dit vat net so baie energie van my.

Om 00h30 die 29 ste April 2014 loop ek uit die Wimpy (24 uur oop)  op die Bult, Potchefstroom.
Die Wimpy personeel wys my op die giftige plastiek vuur daar naby teenaan die sogenaamde toiletgeriewe.
Om 00h58 laat ek Paljas Backpackers Lodge die brandweer bel in Potchefstroom. (ek bly daar)
Ons Rapporteer die groot giftige plastiek vuur aan hulle en noem dat dit straatkinders is wat beskikbare vol swart plastieksakke leeg maak op 'n groot vuur.

Dorothy van die brandweer antwoord en sê hulle sal nie kan uitkom nie want al hulle toerusting en manskappe is besig om 'n gras vuur op die N12 dood te maak. Hulle het toe ook nie uitgekom nie.
Normaalweg kom hulle darem wel uit.

My verdere probleem is dat 50 meter vandaar sit 'n 24 uur polisie bemande pos wat niks aan die saak doen nie en dit ook nie as hulle taak sien nie om die vuur te laat blus nie. Hulle skuil glo agter die grondwet en dat die kinders koud kry. So ek doen nie eers die moeite om hulle te vra nie.

Intussen ly letterlik duisende studente op die Bult onder die gifgasse. Hulle weet dit dalk nie eers nie, want hulle sit nog met jong longe en bowendien gebeur dit in die vroeë oggend ure.

Die gifgasse beïnvloed my egter ongelooflik, ek weet dadelik as daar so 'n vuur gemaak word; my sinusse trek toe, ek sukkel om asem te haal en my keel word seer.

Hoe is dit moontlik dat sigaret rook onwettig is maar die tipe van vure word geïgnoreer deur die polisie.
Waarom moet ek twee en meer keer per week die giftige plastiek vure rapporteer aan mense wat nie eintlik wil optree nie. Wat se samelewing is ons dan?

Intussen moet ons hierdie ongelooflike hoë munisipale rekenings betaal maar dis asof dit niemand se probleem is nie.

Dus tyd dat ons skoon lug het hier op die Bult opeis en dat die owerhede hulle werk  begin doen.

My voorstel is:
Sit tog 'n bord op wat duidelik daarop wys dat giftige plastiek Vure onwettig is, dalk dan sal die polisie dan optree.

En

Hou die vol swart sakke buite die straatkinders ek karwagte  se bereik. 

No comments:

Post a Comment