Popular Posts

Wednesday, July 8, 2015

Afrika se 'droogte' probleem


99% vee in Zim-provinsie kan vrek. 

So sê hierdie Beeld opskrif  van 8 Julie 2015.

Agnee nie alweer nie! Hou tog nou op met die storie Mnr Mugabe. 

In my bykans 30 jaar as 'n professionele landbou ekonoom het ek gevind dat die goeie boere altyd maniere gehad het om droogtes te oorkom en kon hulle van krag tot krag gaan tenspyte van die sikliese droogte en natuurlike rampe. 

Die goeie boere kon hulle probleme voorsien en daarvolgens beplan. 

Jou swak boere het altyd droogte as 'n verskoning gebruik vir sy eie swak bestuur.

Altyd gesê... Dis die groot droogte. 

Tog is 'droogte' in hierdie verband dalk eerder 'n funksie van bestuur as van die natuur. 


Zimbabwe tree hier soos 'n tipiese swak boer op. 

Hulle boer op die beste plaas, maar nee...  

Dis die droogte se skuld sê hulle dan ewe vroom... 

Waar dit eintlik tog net swak politiek en 'n swak bestuursfout is... 

Erken net dat jy 'n swak boer is, Dis al.


 

No comments:

Post a Comment