Popular Posts

Sunday, July 12, 2015

Giftige plastiek vure op die Bult Potchefstroom,11 Julie 2015.

Jammer as ek hier aan die vloek gaan,  maar wragtig genoeg is genoeg

Hierdie foto is geneem van hierdie giftige plastiek vuur om 22h15 Saterdag aand regoor Fiori Café op die Bult, Potchefstroom.
Die giftige gasse wat hierdie plastiek vure afgee is baie giftig, ongelooflik kankerwekkend en gevaarlik!  Google dit bietjie.
Verder kan mens die rubberagtige rook 100 meter ver ruik.
Dit gee 'n dik swart wolk af wat my longe in elk geval gladnie kan hanteer nie. Verder word dit in hierdie geval gemaak onder 'n boom en teenaan 'n klomp vullissakke teenaan die afval huisie. Tog ook seker 'n groot brandgevaar.
Hierdie mense wat die vure maak is ook aggressief en vee hulle gatte in elk geval aan jou af as jy hulle vra om dit dood te maak.
Daar is seker 500 studente vanaand hier. Onthou daar is 34 000 NWU studente in 'n 2 km radius.
Net een tot 5 mense maak die vure en vergiftig duisende mense. Maar nee die restaurante moet aan die belaglike rookwette voldoen terwyl hierdie ouens met moord wegkom! .

Daar is feitlik geen manier om deur die owerhede die vure te laat blus nie. Indien mens wel probeer verg dit ongelooflike effort en gatlek. Net om dan te staan te kom teen 'n muur van passiewe optrede, weerstandige en langdradige  aggressiewe samewerking. So asof hulle jou 'n groot guns bewys en ek die klaer hulle vyand is.
Die polisie weier summier behalwe dalk met 'n ompad. Met die brandweer het ek ook al opgegee, Ook hulle het elke keer 'n ander storie waarom hulle dit nie kan blus nie. Behalwe dat hulle swak samewerking gee en ook aggressief reageer op 'n oproep. Daar moet altyd oor en oor verduidelik word waarom hulle dit moet blus tenspyte van 'n email wat ek het dat hulle dit moet doen.

Wat ons eerder nodig het is 'n paar swepe vir hierdie slapgat demokrasie van ons.
Almal vra groot geld maar gee lamsakkige swak diens.
Ek strike en weier om hulle verder te vra.
Nee magtig man!
Sulke mense het ek nie nodig in my lewe nie.
Alles vat net te veel  tyd en energie!

No comments:

Post a Comment