Popular Posts

Tuesday, December 27, 2016

Crowdfunding: Paljas Backpackers projek, Bult Potchefstroom.

Donasie deur Crowdfunding aan die Paljas Backpackers projek op die Bult Potchefstroom, Suid Afrika.

Daar kom 'n tyd om te vra… Dis nou daardie tyd. Wie vra sal kry.

Maak 'n helpmekaar donasie in die Paljas Backpackers projek en help my om dit te red.

Red 'n droom, verhoed 'n dreigende finansiële ramp en plaas Paljas Backpackers weer op sy ou wenpad en swaai terug na sy oorspronklike droom. Die hulp dien as 'n oorbrugging fase. Indien hierdie projek nie realiseer nie sal hierdie kultuur skat en bates vernietig word en feitlik weggegee moet word aan die mark met die gevolglike kulturele verarming op die Bult Potchefstroom.

Dra asseblief enige bedrag by wat in u hart opkom tot hierdie projek.

Gee 'n donasie en red 'n groot droom wat nou onder groot finansiële druk is.
Dis soos om brandstof te gee aan 'n groot boot wat vasgeval het in 'n gevaar zone waaruit dit nie self kan kom nie, dit dan in staat te stel om weer om te draai en voort te kan vaar.

Hierdie Paljas Backpackers projek is  ook in sy eksperimentele fase vir ons almal om te sien of Crowdfunding, so aangebied, wel werk en of dit dan sodoende op baie ander velde toegepas kan word as 'n helpmekaar projek.

Hierdie is tans die enigste manier om uit hierdie moeilike situasie te kom.

Hierdie Phoenix sal weer herrys uit die as. Lees asb…

Bedrag benodig:
Benodig R250 000 in 2 fases.

R 130 000 vir die kritieke reddings fase 1.
Om kritieke agterstallige skuld op datum te bring of dan alternatiewelik bankrotskap binnekort in die die oë te kyk. Donasies vir fase 1 sluit 31 Januarie 2017

R120.00 vir die omdraai Fase 2
'n Belangrike opgradering om Paljas Backpackers weer terug op standaard te kry. Dit word benodig vir Materiale aankope, Toerusting, meubels en Linne
Donasies vir fase 2 sluit op 28 Februarie 2017 vir R120 000

Bank details
M D Nel
Capitec
Saving account 1461595272
Branch code 470010
stuur bewys aan: dmdnel@gmail.com

Of betaal in deur PAYPAL



Wat is die droom met Paljas Backpackers?
Om 'n tuiste en inkomste vir myself, die personeel en andere te bly skep waardeer my life mission hier op die Bult, in Potchefstroom gemeenskap en landswyd voorgesit kan word.

Datum Doelwitte
20 Desember 2016. Is die water en ligte reeds reeds afgesny.
3 Januarie 2017. Heropen met agterstallige skuld wat betaal moet word; soos wifi, DSTV, Telkom, MTN, water en ligte Rekening.
10 -31 Januarie 2017. Moet die agterstallige skuld van fase 1 op datum betaal wees.
28 Februarie 2017. Finalisering van die omdraai fase waar alle herstelwerk, afrondings, vervanging, linne en toerusting aangevul, gedoen is. Met die Sekuriteits kameras geïnstalleer, rekenaar stelsel wat werk, aankope van yskas, tafels, stoele en banke afgehandel. Bemarkings stelsel reeds in volle gang moet wees.
30 April 2017. Behoort doelwitte bereik te wees van 20 daaglikse gaste en 10 langer termyn aangepaste gaste. Teetuin in plek.
31 Desember 2017. Die rekords sal nou van so aard wees dat daar uit Debt Counselling gekom kan word dmv R2.2 miljoen lening om alle skuld te konsolideer. Paljas Backpackers se 3 ster standaard in plek. Verandering na (Edms)Bpk dan moontlik.
30 Julie 2018 Behoort doelwitte bereik te wees van 30 daaglikse gaste en 10 langer termyn gaste.
Dankie.

Beginsels van Paljas Backpackers waarmee die ondersteuners mee kan identifiseer
This is it.
Go for my dreams.
Do what I love and the money will follow.
'n Township tema en ervaring.
Life is also about collecting new life experiences.
Skepping van 'n kreatiewe, Kultuur en Kuns ervaring. Iets uit niks. Create something out of nothing
Help die Energie van die Bult verhoog.
Skep 'n Magic en WOW experience.
Die leuse: Slegs vir almal…skep 'n Multikulturele omgewing van respek, diversiteit en dissipline waar almal mee kan identifiseer.
Miracle upon miracle wonders shall never cease, I give thanks to this perfect day.
Paljas Backpackers is dan 'n uitvloeisel van my boek… my Awakening to a new reality love and happiness. Sien blog en instagram later.


Foute gemaak en lesse geleer wat Paljas Backpackers wat my by hierdie probleem situasie gebring het.
Paljas se grond was reeds aangekoop in 1994, op daardie stadium 'n meisie studente huis.
Die dag met die koop het ek van die Akker koffie shop, op die Bult Potchefstroom, saam met Theo van Niekerk wat  die agent was, na hierdie huis oor die Bult Park geloop. Seker distansie van so 'n 400 meter. Ons was nog op die Bult Park met 'n volle 200 meter oor om te loop, toe koop ek dit reeds. My gutfeeling het net geweet dis die regte plek. Daar was iets aan die plek ek moes dit koop.
Paljas is toe as deel van my Life mission begin as 'n Backpackers geskoei op 'n nuwe verfrissende uitkyk op die lewe. Dit was toe die begin van die nuwe Suid Afrika, die reënboog nasie.
Ek was toe nog 'n professionele Landbou ekonoom met my eie praktyk maar die skrif was toe reeds aan die muur.
Paljas was eers as 'n kreatiewe stokperdjies bedryf maar het toe geleidelik 'n verlengstuk geword van my life mission soos verduidelik in my boek: My Awakening to a new reality, love and happiness.
Sedert toe het die Bult in Potchefstroom baie ontwikkel en verander. Die demografie het ingrypend verander en baie woonstel blokke is gebou. Daar was ook oor die laaste paar jare, reg teen Paljas Backpackers, woonstelle gebou en baie uitgrawings gedoen met ongelooflik baie geraas stof en ontwrigting. Dit het baie spanning gebring.
Ongelukkig het ek toe om die situasie te red Paljas Backpackers weg van my droom en sy  kultuur en kuns missie in 'n studente hostel probeer verander. Dit was 'n money survival besluit en 'n groot fout. Ek het toe in die proses geld probeer jaag en my droom verloor.
Ek het ongelukkig eerstejaar studente ingeneem op jaar kontrakte, wat groot chaos veroorsaak het. Dit het nie gewerk nie. Hulle het 'n kultuur van entitlement gehad, geen respek getoon nie en dit was soos om 'n verbeteringskool binne 'n gastehuis te hê.
Die gaste was baie ontevrede en het feitlik weggeraak. Die kulturele mengsel en harmonie het versleg. Dit was 'n ramp omdat die hostel en die Backpackers nie versoenbaar was nie. Daar was botsings van kulture, klas, ras, taal en etnisiteit en het baie spanning gebring. Alhoewel die beginsel van “slegs vir almal” gegeld het, het ek my fout besef en moes toe net dood eenvoudig die hostel idee stop met sy 12 maande kontrakte. Maar kon toe eers van die studente ontslae raak, nou in Desember 2016, maar wat 'n nagmerrie.

Hierdie fout het daartoe gelei dat;
Ek myself toe reeds onder Debt Counselling moes sit in April 2016. Geweet dat hierdie omdraai tyd vanaf die hostel terug na 'n Backpackers net te laat en te lank geduur het om tot by Desember 2016 te kom. n Kontantvloei krisis het ontstaan en my bronne is toe heel uitgeput gelaat.
Nou is ek hier…. '
Die gevolg:
Ek moes Paljas Backpackers sluit op 20 Desember 2016. Die studente was toe gelukkig reeds weg. Op dieselfde dag is my water en ligte ook afgesit. My versekering gestop, wifi, dstv en die selfone afgesny.
Die Debt Counselling kan selfs opgeroep word as ek nie vinnig spring nie.
Dis soos 'n proses wat in slow motion gebeur waaraan jy niks kan doen nie.
My droom was terug, maar die fondse op, toe hoor ek van crowd funding en besluit om dit te doen.
nou is ons hier.

Waarom doen Danny hierdie Crowdfunding Paljas Backpackers projek?
Daar kom 'n tyd in 'n mens se lewe waar jy heeltemal uit bronne uithardloop.
Jy dringend hulp nodig het en hulp moet begin vra.
Ek is nou daar.
Na 4 maande in die Kaap hierdie jaar is die Paljas Backpackers droom weer herbore en terug in volle glorie en word hierdie oorspronklike droom van my nou weer sterker en sterker. Ongelukkig toe nog vasgevang in die studente. Ek het besef tyd hardloop uit en ek moet nou direk net vir my droom gaan. Doen waarvoor ek lief is die geld sal dan vanself volg.
My keuses is egter nou baie beperk en my ego maar broos. Daar moes egter vinnig planne gemaak en aangepas word.
Dis waar ek op hierdie idee van Crowdfunding gekom het. As dit werk, kan hierdie 'n baie goeie opsie word vir baie van ons mense in soortgelyke situasies.

Wat kry die ondersteuner vir bydrae:
Let wel moet asb nie hierdie as 'n “return” op jou belegging sien nie. Dus nie die hoofdoel hiervan nie.
  1. Jy help red wel 'n droom.
  2. Jy red 'n dreigende bankrotskap storie wat omgedraai kan word in 'n sukses verhaal.
  3. Word deel van 'n eksperiment van help mekaar. Hierdie kan as model gebruik word.
  4. Bewaar hierdie Paljas Backpackers energie en kultuur op die Bult Potchefstroom.
  5. As dankbaarheid kry elke donasie  'n like en 'n dankie op die paljas fb page.

Wat Paljas Backpackers wel as dankbaarheid aan jou kan terug is:
  1. Vir elke R200 kry jy 1 nag in 2017 by Paljas Backpackers. Jy of jou genomineerde kan dit gebruik. Maak asb gebruik daarvan aangesien dit ook help met die blootstelling van Paljas Backpackers. Ons normale reëls en dienste geld. Bespreek asb jou plek lank genoeg voor die tyd. Uit Ons 62 beddens  kan ons tot 10 beddens per nag afstaan aan ons VIP verdienstelike ondersteuners van hierdie crowdfunding projek.
  2. Ondersteuners van R10 000 en meer wat nie gebruik wil maak van die oornag fasiliteite nie en die bedrag terug soek, kan ek die donasie terug te gee uit fase 4 met die konsolidasie lening van R2.2 miljoen in end van 2017. Ongelukkig mag ek nie lenings aangaan of waarborge gee nie as gevolg van die debt counselling situasie.

Wat is daar te doen by Paljas Backpackers.
Dit is veral vir die ondersteuners wat by ons wil kom kuier.

Alhoewel ons net die basiese voorsien soos 'n goeie ligging, sekuriteit, bed, veilige parkering, warm shower, Dstv, kook geriewe en wifi is ons tog by alles wat jou 'n wonderlike ervaring kan gee; uit 'n ander hoek van die lewe.
Kom ervaar ons township kunstige tema in harmonie met die Bult area met al sy koffie shops, pubs, kuier plekke, gyms, studente en kultuur.
Ons is ook reg binne die Aardklop hooftente uitstalling gebied.

Waarom jy as ondersteuner bydrae :
  1. Paljas Backpackers Potchefstroom word gered met sy kulturele bydrae tot die Bult Potchefstroom.
  2. Jy red ook die werk aan 5 permanente werkers en 'n paar studente.
  3. Hierdie is 'n goeie eksperiment in crowdfunding in Suid Afrika.
  4. Ek sou 'n lening wou opneem maar tans mag ek geen lenings vat nie omdat ek tans nog onder Debt Counselling is.
  5. Dit is ook 'n goeie bemarkings manier om Paljas  Backpackers Potchefstroom bloot te stel aan die weier mark van ondersteuners.
  6. Hulp aan mekaar
  7. Wil nie graag verkoop nie. Indien wel dan moet ek bereid wees om dit te verkoop teen 'n weggee prys, alles hier afgebreek word en maar vrede maak met nog 'n woonstel blok wat hier opgerig gaan word.
  8. Danny bly daar
  9. Red Danny van moontlike bankrotskap.
Paljas Backpackers se sterkpunte:
42 kamers met 62 beddens wat vinnig kan uitbrei na 80 beddens.
Baie, baie goeie ligging.
200 meter vanaf NWU Universiteit se PUK kampus met sy 32000 studente, CTI, Virgin Active en talle foodshops, retuarante, kuierplekke, winkels ens.
Reg in die Aardklop terrein en teenaan die Bult park.
Wimpy en varsity shops is 24 uur oop.
Veilige area
Township tema met Multi kulturele ervaring. Kan verskeie kulture en groepe harmonieus en intiem saam hanteer. 'n nuwe Suid Afrika ervaring, 'n goeie eksperiment vir die nuwe Suid Afrika. Slegs vir almal maar met reëls, respek en dissipline.
Aangepas by die nuwe demografiese verandering op die Bult.

Verwagte normale inkomste/uitgawes 2017
Gaste wat harmoniseer met ons kultuur gaan nou slegs op 'n daagliks, week of maand tot maand basis ingeneem word. Geen lang termyn kontrakte meer nie.

Jan 2017
Inkomste R70000
Uitgawes Van R70000
Netto R0

Feb 2017
Inkomste R120000
Uitgawes Van R80000
Netto R40000

Mrt 2017
Inkomste R150000
Uitgawes Van R90000
Netto R60000

Daarna dieselfde tot Okt 2017 waarna dit normaalweg  baie afneem vir November en Desember maande. Veral omdat die Bult in Potchefstroom baie stil is gedurende November, Desember en Januarie maande wanneer die universiteit toe is.

In 2018 kan die inkomste skerp styg na R210 000 per maand met koste van R120 000 en netto van R90 000 per maand.

My huidige waardasie van Paljas Backpackers (onder normale omstandighede)
Grond R5 500 000
Besigheid R1 500 000
Totaal R7 000 000

My skuld situasie
Verband R700 000
Familie skuld R 250 000
Kort termyn skuld R 750 000
Totaal R1 700 000

Agtergrond:
In 2013 het ek my professionele landbou ekonoom praktyk finaal gestaak om voltyds aandag te gee aan Paljas Backpackers, my droom. Min wetend hoe 'n groot uitdaging vir my wag.
Ek is geskei in 1994, is nog steeds enkel lopende. Sedert toe woon ek al die kunsfeeste by in Suid Afrika. Noem myself die professionele kunsfeesganger. Hierdie ervarings dra ek oor op Paljas Backpackers wat dus 'n verlengstuk van my eie awakening en ervarings word.
Na 4 maande van self ondersoek hierdie jaar, is ek nou weer terug by my aanvanklike droom vir Paljas Backpackers. Naamlik om dit die beste Backpackers ervaring in Noordwes te maak gebaseer op 'n township tema met 80 beddens. Dit dan binne 1 jaar  op 'n 3 ster Backpackers standaard te bring.
'n Multi kulturele, kunstige veilige bekostigbare ervaring, slaap en bymekaarkom plek te skep vir alle Multi kulturele vriendelike mense in Suid Afrika.
Om 'n tuiste en inkomste vir myself te skep waardeer ek my eie life mission ten volle kan uitlewe.

Om iets te beteken vir ander mense veral hier op die Bult Potchefstroom.
Die Bult Park en Area (ook beter bekend as die Aardklop tente mark gebied) te help opgradeer soortgelyk as die Pretoria, Magnolia park. Ook 'n kunsmark te help vestig op die Bult Park.
Hiervoor het ek reeds 'n whatsup groep gestig met invloedryke persone en is ook reeds op die Bult wyks komitee verkies omdat ek veg vir 'n beter Bult omgewing.

Dit bring ons by die Crowdfunding…..

Om die droom uit te lewe benodig Paljas Backpackers fondse in drie fases.
Die drie fases is.

Reddings fase 1 R130 000
Dis baie dringend en krities agter op die volgende skuld.
Indien nie spoedig afgelos stop alles.
Water en ligte R35 000
Debt counseling R20 000
Verband R14 000
Medies fonds R5 000
Versekering lewens R6 000
Salarisse R20 000
Cell C R3000
MTN R 3000
Telkom 1500
Advertensies R 5000
Ouditeure R3000
Paye R7000
TV lisensies R2000
Ander R5500
Aflos hiervan sal maak dat Paljas Backpackers dan kan oop bly tot die nuwe seisoen wat in middel Januarie 2017 begin en sodoende oop bly vir 2017.

Omdraai Fase 2 R120 000
Om te herstel van die studente situasie en nodige opgradering te doen.
Materiale  R20000
Toerusting en meubels R 70 000
Linne R30 000
Totaal R120000

Fase 3 agterstallige familie skuld. Dit sal ek met familie beding.
Alhoewel ek hulle ook al tot maksimum gedruk het.
Pmt agterstallig R70000

Fase 4
Hierdie sal ek met 'n totale langtermyn lening finansier van R2.2 miljoen of aandele kapitaal bekom. Dit nadat ek eers die eerste 3 fases afgehandel het.
Verband R700 000
Totale ander skuld R 1 000 000

Terugvoering op die donasies
Ek gee terugvoering op hierdie FB page soos wat die doelwitte bereik word met 'n  ere rol en lys van name en bydraes van toepassing. (behalwe as anoniem wil bly)
25% van doelwit bereik
50% van doelwit bereik
75% van doelwit bereik
100% van doelwit bereik

Dankie dat u tot hier gelees het.
Dankie vir jou bydrae
God seën jou.

The Source will always  provide on time ⌚ every time comfortable on time.




Sunday, July 26, 2015

PAC leier verjaag arm plaaswerkers van sy plaas af. Dis Wreed!

PAC leier verjaag arm plaaswerkers van sy plaas af.
Dis darem baie lelik en wreed van hierdie landlord!...
Hoe kan hy!
Die nuwe garde plaaseienaars moet maar versigtig wees.
Die gat wat jy vir ander gegrawe het kan jy maklik self by inval.
So Gwede Mantashe ANC secretary general moet maar baie versigtig wees met sy mooi Ooskaap plaas.
"There is no gaurentees in #SouthAfrica.
Niemand weet wie is more in beheer hier nie.
So wees maar baie nederig, en baie versigtig met die gate wat jy vir ander grawe. 

http://www.netwerk24.com/nuus/2015-07-26-pac-leier-verjaag-armes-van-sy-plaasArtikel in Rapport bl 6, 26 Julie 2015. 

Sunday, July 12, 2015

Giftige plastiek vure op die Bult Potchefstroom,11 Julie 2015.

Jammer as ek hier aan die vloek gaan,  maar wragtig genoeg is genoeg

Hierdie foto is geneem van hierdie giftige plastiek vuur om 22h15 Saterdag aand regoor Fiori Café op die Bult, Potchefstroom.
Die giftige gasse wat hierdie plastiek vure afgee is baie giftig, ongelooflik kankerwekkend en gevaarlik!  Google dit bietjie.
Verder kan mens die rubberagtige rook 100 meter ver ruik.
Dit gee 'n dik swart wolk af wat my longe in elk geval gladnie kan hanteer nie. Verder word dit in hierdie geval gemaak onder 'n boom en teenaan 'n klomp vullissakke teenaan die afval huisie. Tog ook seker 'n groot brandgevaar.
Hierdie mense wat die vure maak is ook aggressief en vee hulle gatte in elk geval aan jou af as jy hulle vra om dit dood te maak.
Daar is seker 500 studente vanaand hier. Onthou daar is 34 000 NWU studente in 'n 2 km radius.
Net een tot 5 mense maak die vure en vergiftig duisende mense. Maar nee die restaurante moet aan die belaglike rookwette voldoen terwyl hierdie ouens met moord wegkom! .

Daar is feitlik geen manier om deur die owerhede die vure te laat blus nie. Indien mens wel probeer verg dit ongelooflike effort en gatlek. Net om dan te staan te kom teen 'n muur van passiewe optrede, weerstandige en langdradige  aggressiewe samewerking. So asof hulle jou 'n groot guns bewys en ek die klaer hulle vyand is.
Die polisie weier summier behalwe dalk met 'n ompad. Met die brandweer het ek ook al opgegee, Ook hulle het elke keer 'n ander storie waarom hulle dit nie kan blus nie. Behalwe dat hulle swak samewerking gee en ook aggressief reageer op 'n oproep. Daar moet altyd oor en oor verduidelik word waarom hulle dit moet blus tenspyte van 'n email wat ek het dat hulle dit moet doen.

Wat ons eerder nodig het is 'n paar swepe vir hierdie slapgat demokrasie van ons.
Almal vra groot geld maar gee lamsakkige swak diens.
Ek strike en weier om hulle verder te vra.
Nee magtig man!
Sulke mense het ek nie nodig in my lewe nie.
Alles vat net te veel  tyd en energie!

Friday, July 10, 2015

Die meisie by die Spur

Daar is nog steeds wonderwerke....

Ek het nou net by die Spur in Potchefstroom gaan eet.
Die jong vrou wat my bedien erken ek toe....

Hoelank werk jy al hier by die Spur as waitress?
Al baie lank oom,  22 jaar om korrek te wees.
Dis darem ongelooflik lank.
Maar gelukkig hou ek die maand op oom.
Ek het werk gekry in Miami Florida! .
Rerig,  vir hoe lank gaan jy?
5 jaar oom, Ja, dit het my 5 maande gevat om dit te kry.

Ek staan verstom.

Mense ontsnap nog wonderbaarlik uit hulle comfortzones....
En so verlaat die jong mense ons land opsoek na groener velde.

Sal die laaste een wat die land verlaat asb die lig afsit. ....

Wednesday, July 8, 2015

Afrika se 'droogte' probleem


99% vee in Zim-provinsie kan vrek. 

So sê hierdie Beeld opskrif  van 8 Julie 2015.

Agnee nie alweer nie! Hou tog nou op met die storie Mnr Mugabe. 

In my bykans 30 jaar as 'n professionele landbou ekonoom het ek gevind dat die goeie boere altyd maniere gehad het om droogtes te oorkom en kon hulle van krag tot krag gaan tenspyte van die sikliese droogte en natuurlike rampe. 

Die goeie boere kon hulle probleme voorsien en daarvolgens beplan. 

Jou swak boere het altyd droogte as 'n verskoning gebruik vir sy eie swak bestuur.

Altyd gesê... Dis die groot droogte. 

Tog is 'droogte' in hierdie verband dalk eerder 'n funksie van bestuur as van die natuur. 


Zimbabwe tree hier soos 'n tipiese swak boer op. 

Hulle boer op die beste plaas, maar nee...  

Dis die droogte se skuld sê hulle dan ewe vroom... 

Waar dit eintlik tog net swak politiek en 'n swak bestuursfout is... 

Erken net dat jy 'n swak boer is, Dis al.


 

Tuesday, July 7, 2015

Griekse tragedie Julie 2015. Oppas Suid Afrika en leer maar betyds daaruit!

Ek sien groot moeilikheid vir die Grieke....
Die Griekse is nou alleen in die wêreld..

Ons self, die RSA, moet maar baie oppas hiervoor en hieruit leer.
Dit gaan net te lekker hier met al die sosialistiese kommuniste in beheer.

"There is no such thing as a free lunch."
Kyk net na ons 16 miljoen mense wat toelae vd staat kry.
Die baie korrupsie in die regering en staat.
Tender bedrog.
Die amper 50% vd jaarlikse begroting aan staatsdiens salarisse met baie lae gepaardgaande produktiwiteit.
Laat my dink aan die nimmereindigende BEE entitlement in RSA.
Altyd opsoek na nog! nog! En nog!
"Yes, For free"...
Ai tog.
Wat 'n illusie!

Oppas dis hoe ons self en lande later bedelaars word.
Daar is Geen 'gaurentees' in hierdie lewe nie.

Ons regering is baie naïef om te dink dit kan nie met ons gebeur nie.
Bog!
Dit kan!