The world now seems to be a completely different one than the one I lived in about ten years ago, when I started looking into the mechanics of quality of life. It wasn’t the world (and its people) that changed really, it was how I thought of it. - See more at: http://www.spiritscienceandmetaphysics.com/9-mind-bending-epiphanies-that-turned-my-world-upside-down/#sthash.bFmkeopo.dpuf
Popular Posts
-
Ek sit nou hier in die wimpy en drink rooibostee suurlemoen en heuning. Dis nou 00h32 die 26 ste April 2014. Ek sit hier en vind myself :-)....
-
Kan iemand dalk help? Hierdie is week op week se scenario. Dit vat net so baie energie van my. Om 00h30 die 29 ste April 2014 loop ek uit...
-
Jurie het hier by Paljas Backpackers Potchefstroom ingeboek op Dinsdag 17 Junie 2014. R200 betaal vir sy kamer met geld wat hy net tevore by...
-
Hierdie fotos is geneem Vrydag oggend 21 Junie 2014 voor die Wimpy op die Bult park, Potchefstroom. Hierdie is gevaarlike en giftige plast...
-
http://electionresources.org/za/provinces.php?election=2009
-
Pierre Teilhard de Chardin’s work was his spiritual practice – he was a Jesuit priest – and he wisely said, “We are not human beings having ...
-
Ek, Graham, Hannes en Chris sit hier en stront praat by die Akker. Dis 'n koelerige aand hier op potchefstroom. Ons eet lekker, hulle bi...
-
Uitgefees in Grahamstad, sit met verkoue en amper weer terug in Potchefstroom. Gisternag oornag in Colesberg en vandag eers gaan rondshop...
-
how to treat sinus infection - http://pinterest.com/pin/435512226438292670/
-
The Wooden Eiffel tower at Paljas Backpackers Bult Cachet Park, Potchefstroom. South Africa Build on assignment by Sakkie Britton, our prof...
Wednesday, June 25, 2014
Tuesday, June 17, 2014
Jurie Pieters die geloof loper.
Jurie het hier by Paljas Backpackers Potchefstroom ingeboek op Dinsdag 17 Junie 2014. R200 betaal vir sy kamer met geld wat hy net tevore by iemand gekry het. Die geld was presies die prys vd kamertjie.
Jurie, nou 48 jaar oud, het 5 jaar gelede die Redwood restaurant in Franschhoek besit, verloor toe sy geliefde vrou en tweeling dogtertjies van 9 jaar oud in 'n motorongeluk by Drie Susters op die N1. Die skok was so groot vir hom dat hy toe alles verkoop en op 'n 2 jaar wêreld toer gaan en gebruik so al sy geld op.
Of dit nie genoeg was nie word hy met brein kanker gediagnoseer 2 jaar gelede.
Toe begin Jurie te stap.
Hy stap al sedert September 2013. Het al 12500 km afgelê met 'n 40kg rugsak; Die nuwe Forest Gump van Suid Afrika. Begin in Kaapstad en stap toe Gauteng, Nelspruit, Richardsbaai, Durban, Harrismith, Gauteng en met N12 en N1 weer terug Kaap toe.
Waarom doen hy dit alles? Dit is 'n geloofsaak sê hy: Jurie het 'n geloofsooreenkoms met God die Vader, in sy woorde , dat hy sal bly stap vir die res van sy lewe tot hy gesond is. Sy doel is om na 5 jaar terug te gaan na die dokters en te sê, sien ek is gesond.
Hy stap nou reeds Gemiddeld 50km per dag. Jurie se onmiddellike stap planne is om van Potchefstroom na Klerksdorp dan terug na Gauteng, Pietersburg, Gauteng, N14 na Springbok en dan met Weskus af te loop.
Jurie sê hy is so bevry deur die gestap, het baie geloof en geen bekommernisse nie. Dit alles ten spyte van min sekuriteit, geen geld en gereeld langs die pad slaap in sy tentjie. Hy kyk nou heel anders na die lewe.
Ek vat 'n kans om sy selnommer hier te plaas, maar nou ja.... Die wat met hom wil gesels kan hom kontak op sy selfoon. Wie weet, dalk kan julle vir mekaar iets beteken. Hy vat geen rygeleenthede nie, Jurie is ernstig, hy stap net.
Jurie laat my dink aan Job van die Bybel.
Sterkte my vriend.
Danny Nel