Popular Posts

Wednesday, July 8, 2015

Afrika se 'droogte' probleem


99% vee in Zim-provinsie kan vrek. 

So sê hierdie Beeld opskrif  van 8 Julie 2015.

Agnee nie alweer nie! Hou tog nou op met die storie Mnr Mugabe. 

In my bykans 30 jaar as 'n professionele landbou ekonoom het ek gevind dat die goeie boere altyd maniere gehad het om droogtes te oorkom en kon hulle van krag tot krag gaan tenspyte van die sikliese droogte en natuurlike rampe. 

Die goeie boere kon hulle probleme voorsien en daarvolgens beplan. 

Jou swak boere het altyd droogte as 'n verskoning gebruik vir sy eie swak bestuur.

Altyd gesê... Dis die groot droogte. 

Tog is 'droogte' in hierdie verband dalk eerder 'n funksie van bestuur as van die natuur. 


Zimbabwe tree hier soos 'n tipiese swak boer op. 

Hulle boer op die beste plaas, maar nee...  

Dis die droogte se skuld sê hulle dan ewe vroom... 

Waar dit eintlik tog net swak politiek en 'n swak bestuursfout is... 

Erken net dat jy 'n swak boer is, Dis al.


 

Tuesday, July 7, 2015

Griekse tragedie Julie 2015. Oppas Suid Afrika en leer maar betyds daaruit!

Ek sien groot moeilikheid vir die Grieke....
Die Griekse is nou alleen in die wêreld..

Ons self, die RSA, moet maar baie oppas hiervoor en hieruit leer.
Dit gaan net te lekker hier met al die sosialistiese kommuniste in beheer.

"There is no such thing as a free lunch."
Kyk net na ons 16 miljoen mense wat toelae vd staat kry.
Die baie korrupsie in die regering en staat.
Tender bedrog.
Die amper 50% vd jaarlikse begroting aan staatsdiens salarisse met baie lae gepaardgaande produktiwiteit.
Laat my dink aan die nimmereindigende BEE entitlement in RSA.
Altyd opsoek na nog! nog! En nog!
"Yes, For free"...
Ai tog.
Wat 'n illusie!

Oppas dis hoe ons self en lande later bedelaars word.
Daar is Geen 'gaurentees' in hierdie lewe nie.

Ons regering is baie naïef om te dink dit kan nie met ons gebeur nie.
Bog!
Dit kan!



Saturday, June 27, 2015

Pres Zuma speel nou Russiese Rolette met Suid Afrika se toekoms!

Pres Zuma speel nou Russiese Rolette met Suid Afrika se toekoms!
Daar is 'n geheime nuwe atoom energie kragsentrale ooreenkoms met Rusland op die tafel.
Nog een van president Zuma se onder die tafel 'deals'

Ek ruik 'n dooie rot.
Die kontrak met Rusland gaan R1 triljoen kos. (R 1 000 000 000 000 )
9600 MW baie duur krag produseer, wat te duur vir die armes gaan wees.
Rusland sal 20 jaar monopolie hê en aanvaar ook geen verantwoordelikheid ingeval van 'n ongeluk nie.
Alles word in geheim gedoen.
Ek wonder hoeveel kommissie gaan hier betaal word, op watter manier en wie gaan dit kry?
Sienende dat die ANC party in groot finansiële moeilikheid is en daar 'n baie goeie lojale verhouding tussen die twee staatshoofde bestaan.
Ek vra maar net.

Lees vandag in die Star.

Sunday, June 7, 2015

'n gediggie. Dis al.

Dis al
dan...
'n emosie vlieg verby.
Ek gryp daarna.
Ek verlang na jou
Jou gesig dan die dan daai
'n soulmate, 'n liefling van my siel
My intieme verlange
My vryheid
Ek wil nou daar wees
Daar by jou
Sien daar diep in jou oë
Vir die oomblik
Jy's nou daar vir my
Die liefde wys vry in jou oë 
Jou bene effe oop
Skaamteloos...
Alle grense val oorboord
Die emosies wys naak en oop.
Jy verstaan jou eie optrede nie.
Ek myne ook nie.
Jy's hier jy's daar.
Jy's lig
Jy's swaar
Jy wil.
Ons spring oor al ons menslike tekortkominge heen.
Ons wil
Ons gaan
Ek en jy
Vir die oomblik net ek en jy.
Wat sal ek tog sê.
Dis al.

Danny Nel 7 Junie 2015

Tuesday, June 2, 2015

Treurgrond - Die film

1 Junie 2015.
Plaasmoorde....
Vanaand het ek na die film Treurgrond gaan kyk...
Wat het ek ervaar? Ek voel om hier net oor my ervaring te praat....
Ek was skepties, baie skepties en nie lus vir 'n depressiewe dogmatiese opswepery aandjie nie.
Moet sê ek was verbaas en aangenaam verbaas.
Na die film was, ek gladnie depressief gelaat nie maar snaaks genoeg gemotiveerd...
Selfs trane van meelewendheid gehad op die einde.
Ook voel mens een met almal wat saam gekyk het. Ek het dit nog net in 'n paar ander films so gevoel.
Dis so asof hierdie plaasmoorde ons almal saam se probleem is. Ongeag wie jy ookal in Suid Afrika is.
Dat ons almal saam aan die probleem moet werk. Dit is ons toets.
Ek voel baie gestig deur hierdie film en dink dis vir almal om te sien.

Friday, May 8, 2015

Jou nuwe SEB kodes van 1 Mei 2015 irriteer my grensloos .

Nee wragtig!
So kan dit nie aangaan nie.
SEB word nou 'n monster wat op homself teer.
Nog, nog, nog!
Dit moet nou gestop  word...
Jou 'entitlement' skreeu ten hemele!
Stop dit nou!
Hou op om my soos 'n tweede klas burger te laat voel, te misbruik vir jou eie welluste en waarteen jy bly regeer!
In 1994 het jy 'n groot ekonomie op 'n skinkbord gekry met slegs 45 miljoen mense, toe net so groot soos die res van Afrika, Suid van die Sahara met 650 miljoen mense. Wat het jy daarmee gedoen? Huh!
Die jeug is 35% werkloos, die ryk arm gaping word net groter.
Skep tog vir 'n slag iets jouself, hou op om te fokus om die ekonomie te bly herverdeel en herverdeel.
Bou tog bietjie voort op die groot geskenk wat jy ontvang het sonder om verder vir nog in my oë te kyk.
Moet ek jou nou nog bly vetvoer vir die res van my lewe?
Word tog nou groot man!

Sunday, April 26, 2015

BRIAN MOLEFE and the Public Investment Corporation

BRIAN MOLEFE and the Public Investment Corporation

Was die nuwe Eskom CEO Brian Molefe betrokke by die transaksie waar PIC R4,800,000,000 verloor het?  As dit so is het ESKOM  'n groot nuwe probleempie. Google dit bietjie

PIC's AfriSam write-down much bigger

Oct 4, 2010 | LINDA ENSOR

The controversial R6bn investment made by the Public Investment Corporation to facilitate a BEE transaction between the AfriSam consortium and the Holcim cement group was valued by auditors KPMG at only R1,2bn at the end of the 2009-10 financial year.

Former CEO Brian Molefe strongly rejected suggestions that the investment was made to benefit friends of former president Thabo Mbeki, including Mr Mbeki's former adviser, Titus Mafolo, who held shares in AfriSam.

The PIC's R6bn investment allowed the AfriSam consortium to finalise the R16,4bn deal with Swiss cement group Holcim and to replace the bridge financing facility provided by Holcim.

The deal gave the AfriSam consortium 85% of Holcim's 54% stake in Holcim SA, as well as the 46% stake previously held by local construction company Aveng. It gave the PIC a 20% stake in AfriSam .