Popular Posts

Sunday, July 12, 2015

Giftige plastiek vure op die Bult Potchefstroom,11 Julie 2015.

Jammer as ek hier aan die vloek gaan,  maar wragtig genoeg is genoeg

Hierdie foto is geneem van hierdie giftige plastiek vuur om 22h15 Saterdag aand regoor Fiori Café op die Bult, Potchefstroom.
Die giftige gasse wat hierdie plastiek vure afgee is baie giftig, ongelooflik kankerwekkend en gevaarlik!  Google dit bietjie.
Verder kan mens die rubberagtige rook 100 meter ver ruik.
Dit gee 'n dik swart wolk af wat my longe in elk geval gladnie kan hanteer nie. Verder word dit in hierdie geval gemaak onder 'n boom en teenaan 'n klomp vullissakke teenaan die afval huisie. Tog ook seker 'n groot brandgevaar.
Hierdie mense wat die vure maak is ook aggressief en vee hulle gatte in elk geval aan jou af as jy hulle vra om dit dood te maak.
Daar is seker 500 studente vanaand hier. Onthou daar is 34 000 NWU studente in 'n 2 km radius.
Net een tot 5 mense maak die vure en vergiftig duisende mense. Maar nee die restaurante moet aan die belaglike rookwette voldoen terwyl hierdie ouens met moord wegkom! .

Daar is feitlik geen manier om deur die owerhede die vure te laat blus nie. Indien mens wel probeer verg dit ongelooflike effort en gatlek. Net om dan te staan te kom teen 'n muur van passiewe optrede, weerstandige en langdradige  aggressiewe samewerking. So asof hulle jou 'n groot guns bewys en ek die klaer hulle vyand is.
Die polisie weier summier behalwe dalk met 'n ompad. Met die brandweer het ek ook al opgegee, Ook hulle het elke keer 'n ander storie waarom hulle dit nie kan blus nie. Behalwe dat hulle swak samewerking gee en ook aggressief reageer op 'n oproep. Daar moet altyd oor en oor verduidelik word waarom hulle dit moet blus tenspyte van 'n email wat ek het dat hulle dit moet doen.

Wat ons eerder nodig het is 'n paar swepe vir hierdie slapgat demokrasie van ons.
Almal vra groot geld maar gee lamsakkige swak diens.
Ek strike en weier om hulle verder te vra.
Nee magtig man!
Sulke mense het ek nie nodig in my lewe nie.
Alles vat net te veel  tyd en energie!

Friday, July 10, 2015

Die meisie by die Spur

Daar is nog steeds wonderwerke....

Ek het nou net by die Spur in Potchefstroom gaan eet.
Die jong vrou wat my bedien erken ek toe....

Hoelank werk jy al hier by die Spur as waitress?
Al baie lank oom,  22 jaar om korrek te wees.
Dis darem ongelooflik lank.
Maar gelukkig hou ek die maand op oom.
Ek het werk gekry in Miami Florida! .
Rerig,  vir hoe lank gaan jy?
5 jaar oom, Ja, dit het my 5 maande gevat om dit te kry.

Ek staan verstom.

Mense ontsnap nog wonderbaarlik uit hulle comfortzones....
En so verlaat die jong mense ons land opsoek na groener velde.

Sal die laaste een wat die land verlaat asb die lig afsit. ....

Wednesday, July 8, 2015

Afrika se 'droogte' probleem


99% vee in Zim-provinsie kan vrek. 

So sê hierdie Beeld opskrif  van 8 Julie 2015.

Agnee nie alweer nie! Hou tog nou op met die storie Mnr Mugabe. 

In my bykans 30 jaar as 'n professionele landbou ekonoom het ek gevind dat die goeie boere altyd maniere gehad het om droogtes te oorkom en kon hulle van krag tot krag gaan tenspyte van die sikliese droogte en natuurlike rampe. 

Die goeie boere kon hulle probleme voorsien en daarvolgens beplan. 

Jou swak boere het altyd droogte as 'n verskoning gebruik vir sy eie swak bestuur.

Altyd gesê... Dis die groot droogte. 

Tog is 'droogte' in hierdie verband dalk eerder 'n funksie van bestuur as van die natuur. 


Zimbabwe tree hier soos 'n tipiese swak boer op. 

Hulle boer op die beste plaas, maar nee...  

Dis die droogte se skuld sê hulle dan ewe vroom... 

Waar dit eintlik tog net swak politiek en 'n swak bestuursfout is... 

Erken net dat jy 'n swak boer is, Dis al.


 

Tuesday, July 7, 2015

Griekse tragedie Julie 2015. Oppas Suid Afrika en leer maar betyds daaruit!

Ek sien groot moeilikheid vir die Grieke....
Die Griekse is nou alleen in die wêreld..

Ons self, die RSA, moet maar baie oppas hiervoor en hieruit leer.
Dit gaan net te lekker hier met al die sosialistiese kommuniste in beheer.

"There is no such thing as a free lunch."
Kyk net na ons 16 miljoen mense wat toelae vd staat kry.
Die baie korrupsie in die regering en staat.
Tender bedrog.
Die amper 50% vd jaarlikse begroting aan staatsdiens salarisse met baie lae gepaardgaande produktiwiteit.
Laat my dink aan die nimmereindigende BEE entitlement in RSA.
Altyd opsoek na nog! nog! En nog!
"Yes, For free"...
Ai tog.
Wat 'n illusie!

Oppas dis hoe ons self en lande later bedelaars word.
Daar is Geen 'gaurentees' in hierdie lewe nie.

Ons regering is baie naïef om te dink dit kan nie met ons gebeur nie.
Bog!
Dit kan!



Saturday, June 27, 2015

Pres Zuma speel nou Russiese Rolette met Suid Afrika se toekoms!

Pres Zuma speel nou Russiese Rolette met Suid Afrika se toekoms!
Daar is 'n geheime nuwe atoom energie kragsentrale ooreenkoms met Rusland op die tafel.
Nog een van president Zuma se onder die tafel 'deals'

Ek ruik 'n dooie rot.
Die kontrak met Rusland gaan R1 triljoen kos. (R 1 000 000 000 000 )
9600 MW baie duur krag produseer, wat te duur vir die armes gaan wees.
Rusland sal 20 jaar monopolie hê en aanvaar ook geen verantwoordelikheid ingeval van 'n ongeluk nie.
Alles word in geheim gedoen.
Ek wonder hoeveel kommissie gaan hier betaal word, op watter manier en wie gaan dit kry?
Sienende dat die ANC party in groot finansiële moeilikheid is en daar 'n baie goeie lojale verhouding tussen die twee staatshoofde bestaan.
Ek vra maar net.

Lees vandag in die Star.

Sunday, June 7, 2015

'n gediggie. Dis al.

Dis al
dan...
'n emosie vlieg verby.
Ek gryp daarna.
Ek verlang na jou
Jou gesig dan die dan daai
'n soulmate, 'n liefling van my siel
My intieme verlange
My vryheid
Ek wil nou daar wees
Daar by jou
Sien daar diep in jou oë
Vir die oomblik
Jy's nou daar vir my
Die liefde wys vry in jou oë 
Jou bene effe oop
Skaamteloos...
Alle grense val oorboord
Die emosies wys naak en oop.
Jy verstaan jou eie optrede nie.
Ek myne ook nie.
Jy's hier jy's daar.
Jy's lig
Jy's swaar
Jy wil.
Ons spring oor al ons menslike tekortkominge heen.
Ons wil
Ons gaan
Ek en jy
Vir die oomblik net ek en jy.
Wat sal ek tog sê.
Dis al.

Danny Nel 7 Junie 2015

Tuesday, June 2, 2015

Treurgrond - Die film

1 Junie 2015.
Plaasmoorde....
Vanaand het ek na die film Treurgrond gaan kyk...
Wat het ek ervaar? Ek voel om hier net oor my ervaring te praat....
Ek was skepties, baie skepties en nie lus vir 'n depressiewe dogmatiese opswepery aandjie nie.
Moet sê ek was verbaas en aangenaam verbaas.
Na die film was, ek gladnie depressief gelaat nie maar snaaks genoeg gemotiveerd...
Selfs trane van meelewendheid gehad op die einde.
Ook voel mens een met almal wat saam gekyk het. Ek het dit nog net in 'n paar ander films so gevoel.
Dis so asof hierdie plaasmoorde ons almal saam se probleem is. Ongeag wie jy ookal in Suid Afrika is.
Dat ons almal saam aan die probleem moet werk. Dit is ons toets.
Ek voel baie gestig deur hierdie film en dink dis vir almal om te sien.