Popular Posts

Tuesday, December 27, 2016

Crowdfunding: Paljas Backpackers projek, Bult Potchefstroom.

Donasie deur Crowdfunding aan die Paljas Backpackers projek op die Bult Potchefstroom, Suid Afrika.

Daar kom 'n tyd om te vra… Dis nou daardie tyd. Wie vra sal kry.

Maak 'n helpmekaar donasie in die Paljas Backpackers projek en help my om dit te red.

Red 'n droom, verhoed 'n dreigende finansiële ramp en plaas Paljas Backpackers weer op sy ou wenpad en swaai terug na sy oorspronklike droom. Die hulp dien as 'n oorbrugging fase. Indien hierdie projek nie realiseer nie sal hierdie kultuur skat en bates vernietig word en feitlik weggegee moet word aan die mark met die gevolglike kulturele verarming op die Bult Potchefstroom.

Dra asseblief enige bedrag by wat in u hart opkom tot hierdie projek.

Gee 'n donasie en red 'n groot droom wat nou onder groot finansiële druk is.
Dis soos om brandstof te gee aan 'n groot boot wat vasgeval het in 'n gevaar zone waaruit dit nie self kan kom nie, dit dan in staat te stel om weer om te draai en voort te kan vaar.

Hierdie Paljas Backpackers projek is  ook in sy eksperimentele fase vir ons almal om te sien of Crowdfunding, so aangebied, wel werk en of dit dan sodoende op baie ander velde toegepas kan word as 'n helpmekaar projek.

Hierdie is tans die enigste manier om uit hierdie moeilike situasie te kom.

Hierdie Phoenix sal weer herrys uit die as. Lees asb…

Bedrag benodig:
Benodig R250 000 in 2 fases.

R 130 000 vir die kritieke reddings fase 1.
Om kritieke agterstallige skuld op datum te bring of dan alternatiewelik bankrotskap binnekort in die die oë te kyk. Donasies vir fase 1 sluit 31 Januarie 2017

R120.00 vir die omdraai Fase 2
'n Belangrike opgradering om Paljas Backpackers weer terug op standaard te kry. Dit word benodig vir Materiale aankope, Toerusting, meubels en Linne
Donasies vir fase 2 sluit op 28 Februarie 2017 vir R120 000

Bank details
M D Nel
Capitec
Saving account 1461595272
Branch code 470010
stuur bewys aan: dmdnel@gmail.com

Of betaal in deur PAYPAL



Wat is die droom met Paljas Backpackers?
Om 'n tuiste en inkomste vir myself, die personeel en andere te bly skep waardeer my life mission hier op die Bult, in Potchefstroom gemeenskap en landswyd voorgesit kan word.

Datum Doelwitte
20 Desember 2016. Is die water en ligte reeds reeds afgesny.
3 Januarie 2017. Heropen met agterstallige skuld wat betaal moet word; soos wifi, DSTV, Telkom, MTN, water en ligte Rekening.
10 -31 Januarie 2017. Moet die agterstallige skuld van fase 1 op datum betaal wees.
28 Februarie 2017. Finalisering van die omdraai fase waar alle herstelwerk, afrondings, vervanging, linne en toerusting aangevul, gedoen is. Met die Sekuriteits kameras geïnstalleer, rekenaar stelsel wat werk, aankope van yskas, tafels, stoele en banke afgehandel. Bemarkings stelsel reeds in volle gang moet wees.
30 April 2017. Behoort doelwitte bereik te wees van 20 daaglikse gaste en 10 langer termyn aangepaste gaste. Teetuin in plek.
31 Desember 2017. Die rekords sal nou van so aard wees dat daar uit Debt Counselling gekom kan word dmv R2.2 miljoen lening om alle skuld te konsolideer. Paljas Backpackers se 3 ster standaard in plek. Verandering na (Edms)Bpk dan moontlik.
30 Julie 2018 Behoort doelwitte bereik te wees van 30 daaglikse gaste en 10 langer termyn gaste.
Dankie.

Beginsels van Paljas Backpackers waarmee die ondersteuners mee kan identifiseer
This is it.
Go for my dreams.
Do what I love and the money will follow.
'n Township tema en ervaring.
Life is also about collecting new life experiences.
Skepping van 'n kreatiewe, Kultuur en Kuns ervaring. Iets uit niks. Create something out of nothing
Help die Energie van die Bult verhoog.
Skep 'n Magic en WOW experience.
Die leuse: Slegs vir almal…skep 'n Multikulturele omgewing van respek, diversiteit en dissipline waar almal mee kan identifiseer.
Miracle upon miracle wonders shall never cease, I give thanks to this perfect day.
Paljas Backpackers is dan 'n uitvloeisel van my boek… my Awakening to a new reality love and happiness. Sien blog en instagram later.


Foute gemaak en lesse geleer wat Paljas Backpackers wat my by hierdie probleem situasie gebring het.
Paljas se grond was reeds aangekoop in 1994, op daardie stadium 'n meisie studente huis.
Die dag met die koop het ek van die Akker koffie shop, op die Bult Potchefstroom, saam met Theo van Niekerk wat  die agent was, na hierdie huis oor die Bult Park geloop. Seker distansie van so 'n 400 meter. Ons was nog op die Bult Park met 'n volle 200 meter oor om te loop, toe koop ek dit reeds. My gutfeeling het net geweet dis die regte plek. Daar was iets aan die plek ek moes dit koop.
Paljas is toe as deel van my Life mission begin as 'n Backpackers geskoei op 'n nuwe verfrissende uitkyk op die lewe. Dit was toe die begin van die nuwe Suid Afrika, die reënboog nasie.
Ek was toe nog 'n professionele Landbou ekonoom met my eie praktyk maar die skrif was toe reeds aan die muur.
Paljas was eers as 'n kreatiewe stokperdjies bedryf maar het toe geleidelik 'n verlengstuk geword van my life mission soos verduidelik in my boek: My Awakening to a new reality, love and happiness.
Sedert toe het die Bult in Potchefstroom baie ontwikkel en verander. Die demografie het ingrypend verander en baie woonstel blokke is gebou. Daar was ook oor die laaste paar jare, reg teen Paljas Backpackers, woonstelle gebou en baie uitgrawings gedoen met ongelooflik baie geraas stof en ontwrigting. Dit het baie spanning gebring.
Ongelukkig het ek toe om die situasie te red Paljas Backpackers weg van my droom en sy  kultuur en kuns missie in 'n studente hostel probeer verander. Dit was 'n money survival besluit en 'n groot fout. Ek het toe in die proses geld probeer jaag en my droom verloor.
Ek het ongelukkig eerstejaar studente ingeneem op jaar kontrakte, wat groot chaos veroorsaak het. Dit het nie gewerk nie. Hulle het 'n kultuur van entitlement gehad, geen respek getoon nie en dit was soos om 'n verbeteringskool binne 'n gastehuis te hê.
Die gaste was baie ontevrede en het feitlik weggeraak. Die kulturele mengsel en harmonie het versleg. Dit was 'n ramp omdat die hostel en die Backpackers nie versoenbaar was nie. Daar was botsings van kulture, klas, ras, taal en etnisiteit en het baie spanning gebring. Alhoewel die beginsel van “slegs vir almal” gegeld het, het ek my fout besef en moes toe net dood eenvoudig die hostel idee stop met sy 12 maande kontrakte. Maar kon toe eers van die studente ontslae raak, nou in Desember 2016, maar wat 'n nagmerrie.

Hierdie fout het daartoe gelei dat;
Ek myself toe reeds onder Debt Counselling moes sit in April 2016. Geweet dat hierdie omdraai tyd vanaf die hostel terug na 'n Backpackers net te laat en te lank geduur het om tot by Desember 2016 te kom. n Kontantvloei krisis het ontstaan en my bronne is toe heel uitgeput gelaat.
Nou is ek hier…. '
Die gevolg:
Ek moes Paljas Backpackers sluit op 20 Desember 2016. Die studente was toe gelukkig reeds weg. Op dieselfde dag is my water en ligte ook afgesit. My versekering gestop, wifi, dstv en die selfone afgesny.
Die Debt Counselling kan selfs opgeroep word as ek nie vinnig spring nie.
Dis soos 'n proses wat in slow motion gebeur waaraan jy niks kan doen nie.
My droom was terug, maar die fondse op, toe hoor ek van crowd funding en besluit om dit te doen.
nou is ons hier.

Waarom doen Danny hierdie Crowdfunding Paljas Backpackers projek?
Daar kom 'n tyd in 'n mens se lewe waar jy heeltemal uit bronne uithardloop.
Jy dringend hulp nodig het en hulp moet begin vra.
Ek is nou daar.
Na 4 maande in die Kaap hierdie jaar is die Paljas Backpackers droom weer herbore en terug in volle glorie en word hierdie oorspronklike droom van my nou weer sterker en sterker. Ongelukkig toe nog vasgevang in die studente. Ek het besef tyd hardloop uit en ek moet nou direk net vir my droom gaan. Doen waarvoor ek lief is die geld sal dan vanself volg.
My keuses is egter nou baie beperk en my ego maar broos. Daar moes egter vinnig planne gemaak en aangepas word.
Dis waar ek op hierdie idee van Crowdfunding gekom het. As dit werk, kan hierdie 'n baie goeie opsie word vir baie van ons mense in soortgelyke situasies.

Wat kry die ondersteuner vir bydrae:
Let wel moet asb nie hierdie as 'n “return” op jou belegging sien nie. Dus nie die hoofdoel hiervan nie.
  1. Jy help red wel 'n droom.
  2. Jy red 'n dreigende bankrotskap storie wat omgedraai kan word in 'n sukses verhaal.
  3. Word deel van 'n eksperiment van help mekaar. Hierdie kan as model gebruik word.
  4. Bewaar hierdie Paljas Backpackers energie en kultuur op die Bult Potchefstroom.
  5. As dankbaarheid kry elke donasie  'n like en 'n dankie op die paljas fb page.

Wat Paljas Backpackers wel as dankbaarheid aan jou kan terug is:
  1. Vir elke R200 kry jy 1 nag in 2017 by Paljas Backpackers. Jy of jou genomineerde kan dit gebruik. Maak asb gebruik daarvan aangesien dit ook help met die blootstelling van Paljas Backpackers. Ons normale reëls en dienste geld. Bespreek asb jou plek lank genoeg voor die tyd. Uit Ons 62 beddens  kan ons tot 10 beddens per nag afstaan aan ons VIP verdienstelike ondersteuners van hierdie crowdfunding projek.
  2. Ondersteuners van R10 000 en meer wat nie gebruik wil maak van die oornag fasiliteite nie en die bedrag terug soek, kan ek die donasie terug te gee uit fase 4 met die konsolidasie lening van R2.2 miljoen in end van 2017. Ongelukkig mag ek nie lenings aangaan of waarborge gee nie as gevolg van die debt counselling situasie.

Wat is daar te doen by Paljas Backpackers.
Dit is veral vir die ondersteuners wat by ons wil kom kuier.

Alhoewel ons net die basiese voorsien soos 'n goeie ligging, sekuriteit, bed, veilige parkering, warm shower, Dstv, kook geriewe en wifi is ons tog by alles wat jou 'n wonderlike ervaring kan gee; uit 'n ander hoek van die lewe.
Kom ervaar ons township kunstige tema in harmonie met die Bult area met al sy koffie shops, pubs, kuier plekke, gyms, studente en kultuur.
Ons is ook reg binne die Aardklop hooftente uitstalling gebied.

Waarom jy as ondersteuner bydrae :
  1. Paljas Backpackers Potchefstroom word gered met sy kulturele bydrae tot die Bult Potchefstroom.
  2. Jy red ook die werk aan 5 permanente werkers en 'n paar studente.
  3. Hierdie is 'n goeie eksperiment in crowdfunding in Suid Afrika.
  4. Ek sou 'n lening wou opneem maar tans mag ek geen lenings vat nie omdat ek tans nog onder Debt Counselling is.
  5. Dit is ook 'n goeie bemarkings manier om Paljas  Backpackers Potchefstroom bloot te stel aan die weier mark van ondersteuners.
  6. Hulp aan mekaar
  7. Wil nie graag verkoop nie. Indien wel dan moet ek bereid wees om dit te verkoop teen 'n weggee prys, alles hier afgebreek word en maar vrede maak met nog 'n woonstel blok wat hier opgerig gaan word.
  8. Danny bly daar
  9. Red Danny van moontlike bankrotskap.
Paljas Backpackers se sterkpunte:
42 kamers met 62 beddens wat vinnig kan uitbrei na 80 beddens.
Baie, baie goeie ligging.
200 meter vanaf NWU Universiteit se PUK kampus met sy 32000 studente, CTI, Virgin Active en talle foodshops, retuarante, kuierplekke, winkels ens.
Reg in die Aardklop terrein en teenaan die Bult park.
Wimpy en varsity shops is 24 uur oop.
Veilige area
Township tema met Multi kulturele ervaring. Kan verskeie kulture en groepe harmonieus en intiem saam hanteer. 'n nuwe Suid Afrika ervaring, 'n goeie eksperiment vir die nuwe Suid Afrika. Slegs vir almal maar met reëls, respek en dissipline.
Aangepas by die nuwe demografiese verandering op die Bult.

Verwagte normale inkomste/uitgawes 2017
Gaste wat harmoniseer met ons kultuur gaan nou slegs op 'n daagliks, week of maand tot maand basis ingeneem word. Geen lang termyn kontrakte meer nie.

Jan 2017
Inkomste R70000
Uitgawes Van R70000
Netto R0

Feb 2017
Inkomste R120000
Uitgawes Van R80000
Netto R40000

Mrt 2017
Inkomste R150000
Uitgawes Van R90000
Netto R60000

Daarna dieselfde tot Okt 2017 waarna dit normaalweg  baie afneem vir November en Desember maande. Veral omdat die Bult in Potchefstroom baie stil is gedurende November, Desember en Januarie maande wanneer die universiteit toe is.

In 2018 kan die inkomste skerp styg na R210 000 per maand met koste van R120 000 en netto van R90 000 per maand.

My huidige waardasie van Paljas Backpackers (onder normale omstandighede)
Grond R5 500 000
Besigheid R1 500 000
Totaal R7 000 000

My skuld situasie
Verband R700 000
Familie skuld R 250 000
Kort termyn skuld R 750 000
Totaal R1 700 000

Agtergrond:
In 2013 het ek my professionele landbou ekonoom praktyk finaal gestaak om voltyds aandag te gee aan Paljas Backpackers, my droom. Min wetend hoe 'n groot uitdaging vir my wag.
Ek is geskei in 1994, is nog steeds enkel lopende. Sedert toe woon ek al die kunsfeeste by in Suid Afrika. Noem myself die professionele kunsfeesganger. Hierdie ervarings dra ek oor op Paljas Backpackers wat dus 'n verlengstuk van my eie awakening en ervarings word.
Na 4 maande van self ondersoek hierdie jaar, is ek nou weer terug by my aanvanklike droom vir Paljas Backpackers. Naamlik om dit die beste Backpackers ervaring in Noordwes te maak gebaseer op 'n township tema met 80 beddens. Dit dan binne 1 jaar  op 'n 3 ster Backpackers standaard te bring.
'n Multi kulturele, kunstige veilige bekostigbare ervaring, slaap en bymekaarkom plek te skep vir alle Multi kulturele vriendelike mense in Suid Afrika.
Om 'n tuiste en inkomste vir myself te skep waardeer ek my eie life mission ten volle kan uitlewe.

Om iets te beteken vir ander mense veral hier op die Bult Potchefstroom.
Die Bult Park en Area (ook beter bekend as die Aardklop tente mark gebied) te help opgradeer soortgelyk as die Pretoria, Magnolia park. Ook 'n kunsmark te help vestig op die Bult Park.
Hiervoor het ek reeds 'n whatsup groep gestig met invloedryke persone en is ook reeds op die Bult wyks komitee verkies omdat ek veg vir 'n beter Bult omgewing.

Dit bring ons by die Crowdfunding…..

Om die droom uit te lewe benodig Paljas Backpackers fondse in drie fases.
Die drie fases is.

Reddings fase 1 R130 000
Dis baie dringend en krities agter op die volgende skuld.
Indien nie spoedig afgelos stop alles.
Water en ligte R35 000
Debt counseling R20 000
Verband R14 000
Medies fonds R5 000
Versekering lewens R6 000
Salarisse R20 000
Cell C R3000
MTN R 3000
Telkom 1500
Advertensies R 5000
Ouditeure R3000
Paye R7000
TV lisensies R2000
Ander R5500
Aflos hiervan sal maak dat Paljas Backpackers dan kan oop bly tot die nuwe seisoen wat in middel Januarie 2017 begin en sodoende oop bly vir 2017.

Omdraai Fase 2 R120 000
Om te herstel van die studente situasie en nodige opgradering te doen.
Materiale  R20000
Toerusting en meubels R 70 000
Linne R30 000
Totaal R120000

Fase 3 agterstallige familie skuld. Dit sal ek met familie beding.
Alhoewel ek hulle ook al tot maksimum gedruk het.
Pmt agterstallig R70000

Fase 4
Hierdie sal ek met 'n totale langtermyn lening finansier van R2.2 miljoen of aandele kapitaal bekom. Dit nadat ek eers die eerste 3 fases afgehandel het.
Verband R700 000
Totale ander skuld R 1 000 000

Terugvoering op die donasies
Ek gee terugvoering op hierdie FB page soos wat die doelwitte bereik word met 'n  ere rol en lys van name en bydraes van toepassing. (behalwe as anoniem wil bly)
25% van doelwit bereik
50% van doelwit bereik
75% van doelwit bereik
100% van doelwit bereik

Dankie dat u tot hier gelees het.
Dankie vir jou bydrae
God seën jou.

The Source will always  provide on time ⌚ every time comfortable on time.




Sunday, July 26, 2015

PAC leier verjaag arm plaaswerkers van sy plaas af. Dis Wreed!

PAC leier verjaag arm plaaswerkers van sy plaas af.
Dis darem baie lelik en wreed van hierdie landlord!...
Hoe kan hy!
Die nuwe garde plaaseienaars moet maar versigtig wees.
Die gat wat jy vir ander gegrawe het kan jy maklik self by inval.
So Gwede Mantashe ANC secretary general moet maar baie versigtig wees met sy mooi Ooskaap plaas.
"There is no gaurentees in #SouthAfrica.
Niemand weet wie is more in beheer hier nie.
So wees maar baie nederig, en baie versigtig met die gate wat jy vir ander grawe. 

http://www.netwerk24.com/nuus/2015-07-26-pac-leier-verjaag-armes-van-sy-plaasArtikel in Rapport bl 6, 26 Julie 2015. 

Sunday, July 12, 2015

Giftige plastiek vure op die Bult Potchefstroom,11 Julie 2015.

Jammer as ek hier aan die vloek gaan,  maar wragtig genoeg is genoeg

Hierdie foto is geneem van hierdie giftige plastiek vuur om 22h15 Saterdag aand regoor Fiori Café op die Bult, Potchefstroom.
Die giftige gasse wat hierdie plastiek vure afgee is baie giftig, ongelooflik kankerwekkend en gevaarlik!  Google dit bietjie.
Verder kan mens die rubberagtige rook 100 meter ver ruik.
Dit gee 'n dik swart wolk af wat my longe in elk geval gladnie kan hanteer nie. Verder word dit in hierdie geval gemaak onder 'n boom en teenaan 'n klomp vullissakke teenaan die afval huisie. Tog ook seker 'n groot brandgevaar.
Hierdie mense wat die vure maak is ook aggressief en vee hulle gatte in elk geval aan jou af as jy hulle vra om dit dood te maak.
Daar is seker 500 studente vanaand hier. Onthou daar is 34 000 NWU studente in 'n 2 km radius.
Net een tot 5 mense maak die vure en vergiftig duisende mense. Maar nee die restaurante moet aan die belaglike rookwette voldoen terwyl hierdie ouens met moord wegkom! .

Daar is feitlik geen manier om deur die owerhede die vure te laat blus nie. Indien mens wel probeer verg dit ongelooflike effort en gatlek. Net om dan te staan te kom teen 'n muur van passiewe optrede, weerstandige en langdradige  aggressiewe samewerking. So asof hulle jou 'n groot guns bewys en ek die klaer hulle vyand is.
Die polisie weier summier behalwe dalk met 'n ompad. Met die brandweer het ek ook al opgegee, Ook hulle het elke keer 'n ander storie waarom hulle dit nie kan blus nie. Behalwe dat hulle swak samewerking gee en ook aggressief reageer op 'n oproep. Daar moet altyd oor en oor verduidelik word waarom hulle dit moet blus tenspyte van 'n email wat ek het dat hulle dit moet doen.

Wat ons eerder nodig het is 'n paar swepe vir hierdie slapgat demokrasie van ons.
Almal vra groot geld maar gee lamsakkige swak diens.
Ek strike en weier om hulle verder te vra.
Nee magtig man!
Sulke mense het ek nie nodig in my lewe nie.
Alles vat net te veel  tyd en energie!

Friday, July 10, 2015

Die meisie by die Spur

Daar is nog steeds wonderwerke....

Ek het nou net by die Spur in Potchefstroom gaan eet.
Die jong vrou wat my bedien erken ek toe....

Hoelank werk jy al hier by die Spur as waitress?
Al baie lank oom,  22 jaar om korrek te wees.
Dis darem ongelooflik lank.
Maar gelukkig hou ek die maand op oom.
Ek het werk gekry in Miami Florida! .
Rerig,  vir hoe lank gaan jy?
5 jaar oom, Ja, dit het my 5 maande gevat om dit te kry.

Ek staan verstom.

Mense ontsnap nog wonderbaarlik uit hulle comfortzones....
En so verlaat die jong mense ons land opsoek na groener velde.

Sal die laaste een wat die land verlaat asb die lig afsit. ....

Wednesday, July 8, 2015

Afrika se 'droogte' probleem


99% vee in Zim-provinsie kan vrek. 

So sê hierdie Beeld opskrif  van 8 Julie 2015.

Agnee nie alweer nie! Hou tog nou op met die storie Mnr Mugabe. 

In my bykans 30 jaar as 'n professionele landbou ekonoom het ek gevind dat die goeie boere altyd maniere gehad het om droogtes te oorkom en kon hulle van krag tot krag gaan tenspyte van die sikliese droogte en natuurlike rampe. 

Die goeie boere kon hulle probleme voorsien en daarvolgens beplan. 

Jou swak boere het altyd droogte as 'n verskoning gebruik vir sy eie swak bestuur.

Altyd gesê... Dis die groot droogte. 

Tog is 'droogte' in hierdie verband dalk eerder 'n funksie van bestuur as van die natuur. 


Zimbabwe tree hier soos 'n tipiese swak boer op. 

Hulle boer op die beste plaas, maar nee...  

Dis die droogte se skuld sê hulle dan ewe vroom... 

Waar dit eintlik tog net swak politiek en 'n swak bestuursfout is... 

Erken net dat jy 'n swak boer is, Dis al.


 

Tuesday, July 7, 2015

Griekse tragedie Julie 2015. Oppas Suid Afrika en leer maar betyds daaruit!

Ek sien groot moeilikheid vir die Grieke....
Die Griekse is nou alleen in die wêreld..

Ons self, die RSA, moet maar baie oppas hiervoor en hieruit leer.
Dit gaan net te lekker hier met al die sosialistiese kommuniste in beheer.

"There is no such thing as a free lunch."
Kyk net na ons 16 miljoen mense wat toelae vd staat kry.
Die baie korrupsie in die regering en staat.
Tender bedrog.
Die amper 50% vd jaarlikse begroting aan staatsdiens salarisse met baie lae gepaardgaande produktiwiteit.
Laat my dink aan die nimmereindigende BEE entitlement in RSA.
Altyd opsoek na nog! nog! En nog!
"Yes, For free"...
Ai tog.
Wat 'n illusie!

Oppas dis hoe ons self en lande later bedelaars word.
Daar is Geen 'gaurentees' in hierdie lewe nie.

Ons regering is baie naïef om te dink dit kan nie met ons gebeur nie.
Bog!
Dit kan!



Saturday, June 27, 2015

Pres Zuma speel nou Russiese Rolette met Suid Afrika se toekoms!

Pres Zuma speel nou Russiese Rolette met Suid Afrika se toekoms!
Daar is 'n geheime nuwe atoom energie kragsentrale ooreenkoms met Rusland op die tafel.
Nog een van president Zuma se onder die tafel 'deals'

Ek ruik 'n dooie rot.
Die kontrak met Rusland gaan R1 triljoen kos. (R 1 000 000 000 000 )
9600 MW baie duur krag produseer, wat te duur vir die armes gaan wees.
Rusland sal 20 jaar monopolie hê en aanvaar ook geen verantwoordelikheid ingeval van 'n ongeluk nie.
Alles word in geheim gedoen.
Ek wonder hoeveel kommissie gaan hier betaal word, op watter manier en wie gaan dit kry?
Sienende dat die ANC party in groot finansiële moeilikheid is en daar 'n baie goeie lojale verhouding tussen die twee staatshoofde bestaan.
Ek vra maar net.

Lees vandag in die Star.

Sunday, June 7, 2015

'n gediggie. Dis al.

Dis al
dan...
'n emosie vlieg verby.
Ek gryp daarna.
Ek verlang na jou
Jou gesig dan die dan daai
'n soulmate, 'n liefling van my siel
My intieme verlange
My vryheid
Ek wil nou daar wees
Daar by jou
Sien daar diep in jou oë
Vir die oomblik
Jy's nou daar vir my
Die liefde wys vry in jou oë 
Jou bene effe oop
Skaamteloos...
Alle grense val oorboord
Die emosies wys naak en oop.
Jy verstaan jou eie optrede nie.
Ek myne ook nie.
Jy's hier jy's daar.
Jy's lig
Jy's swaar
Jy wil.
Ons spring oor al ons menslike tekortkominge heen.
Ons wil
Ons gaan
Ek en jy
Vir die oomblik net ek en jy.
Wat sal ek tog sê.
Dis al.

Danny Nel 7 Junie 2015

Tuesday, June 2, 2015

Treurgrond - Die film

1 Junie 2015.
Plaasmoorde....
Vanaand het ek na die film Treurgrond gaan kyk...
Wat het ek ervaar? Ek voel om hier net oor my ervaring te praat....
Ek was skepties, baie skepties en nie lus vir 'n depressiewe dogmatiese opswepery aandjie nie.
Moet sê ek was verbaas en aangenaam verbaas.
Na die film was, ek gladnie depressief gelaat nie maar snaaks genoeg gemotiveerd...
Selfs trane van meelewendheid gehad op die einde.
Ook voel mens een met almal wat saam gekyk het. Ek het dit nog net in 'n paar ander films so gevoel.
Dis so asof hierdie plaasmoorde ons almal saam se probleem is. Ongeag wie jy ookal in Suid Afrika is.
Dat ons almal saam aan die probleem moet werk. Dit is ons toets.
Ek voel baie gestig deur hierdie film en dink dis vir almal om te sien.

Friday, May 8, 2015

Jou nuwe SEB kodes van 1 Mei 2015 irriteer my grensloos .

Nee wragtig!
So kan dit nie aangaan nie.
SEB word nou 'n monster wat op homself teer.
Nog, nog, nog!
Dit moet nou gestop  word...
Jou 'entitlement' skreeu ten hemele!
Stop dit nou!
Hou op om my soos 'n tweede klas burger te laat voel, te misbruik vir jou eie welluste en waarteen jy bly regeer!
In 1994 het jy 'n groot ekonomie op 'n skinkbord gekry met slegs 45 miljoen mense, toe net so groot soos die res van Afrika, Suid van die Sahara met 650 miljoen mense. Wat het jy daarmee gedoen? Huh!
Die jeug is 35% werkloos, die ryk arm gaping word net groter.
Skep tog vir 'n slag iets jouself, hou op om te fokus om die ekonomie te bly herverdeel en herverdeel.
Bou tog bietjie voort op die groot geskenk wat jy ontvang het sonder om verder vir nog in my oë te kyk.
Moet ek jou nou nog bly vetvoer vir die res van my lewe?
Word tog nou groot man!

Sunday, April 26, 2015

BRIAN MOLEFE and the Public Investment Corporation

BRIAN MOLEFE and the Public Investment Corporation

Was die nuwe Eskom CEO Brian Molefe betrokke by die transaksie waar PIC R4,800,000,000 verloor het?  As dit so is het ESKOM  'n groot nuwe probleempie. Google dit bietjie

PIC's AfriSam write-down much bigger

Oct 4, 2010 | LINDA ENSOR

The controversial R6bn investment made by the Public Investment Corporation to facilitate a BEE transaction between the AfriSam consortium and the Holcim cement group was valued by auditors KPMG at only R1,2bn at the end of the 2009-10 financial year.

Former CEO Brian Molefe strongly rejected suggestions that the investment was made to benefit friends of former president Thabo Mbeki, including Mr Mbeki's former adviser, Titus Mafolo, who held shares in AfriSam.

The PIC's R6bn investment allowed the AfriSam consortium to finalise the R16,4bn deal with Swiss cement group Holcim and to replace the bridge financing facility provided by Holcim.

The deal gave the AfriSam consortium 85% of Holcim's 54% stake in Holcim SA, as well as the 46% stake previously held by local construction company Aveng. It gave the PIC a 20% stake in AfriSam .

Saturday, February 14, 2015

Max du preez. Zuma the one man wrecking ball.

http://iolmobile.co.za/#!/article/zuma-sa-s-one-man-wrecking-ball-1.1799819

ESKOM: The true story

---------- Forwarded message ----------
From: Theo Els <anythingels1@gmail.com>
Date: 9 Feb 2015 17:55
Subject: Fwd: FW: FW: ESKOM: The true

Date: 9 February 2015 at 17:29
Subject: FW: FW: ESKOM: The true story

This is the truth Mr. Etzinger……………..tell it to the people!!!!!!!!!!

 

The view below is from an Eskom engineer . (1977 – 2004) (Forced to take Early Pension due to Affirmative Action)

Eskom (when it was theElectricity Supply Commission) was one of the best companies in the world. It was owned by all South Africans, and was a non-profit making organization. 
Money was always set aside, byselling electricity for more than it cost to produce, making profitfor replacement and expansion.

No World bank or Government loans)

In 1994  it was turned into a business with the government as sole shareholder. This was done to collect further tax from those who actually pay for electricity, and to provide a vehicle for the implementation of government policies in the form of job creation and black empowerment.

Profits, and the money set aside for replacement and expansion and maintenance, was paid to the government as dividends.

The sole 'shareholder' directly appointed most of the executive, and non-executive directors. These appointments came out of the ranks of the ANC, and were people with No managerial or Power Plant experience. The people started getting appointed & promoted based on nepotism. They couldn't perform the work, but,the people who could do the work, were retrenched based on skin color and were re-employed as contractors.

Although no additional work was getting done, (due to lack of funds because of the increased work force of roughly 23%) this was fine because the government wanted to reduce unemployment.

In order to bring relief to poverty stricken townships, Eskom directors were instructed to produce the cheapest electricity in the world.

This plan did not work, because of all the extra wages, contractors, a Management team that did not have a clue how to run a Power plant, Resulted in ESCOM  running into huge losses for the first time in history. To compensate for this, the incompetentmanagement team cut the maintenance budget by 55%

These were the first “cracks” in the once stable, profit making Power giant’s foundation. The sole shareholder in the Mbeki era, wouldn't allow Eskom tobuild any further power stations,

saying that this would be done by private investors.

The private investors didn't come to the party becauseelectricity was too cheap(remember the reduced fee for the poverty stricken masses) to provide adequate return on investment.

Five years too late Eskom was allowed to expand and build 2 huge, new power stations, but it didn't have any money. . .

This had to be borrowed.

The reason for this was that the ANC government instructed ESCOM NOT to cut the power to non-paying black townships, resulting in HUGE losses. (In the 2014-2015 book year,

Soweto was R670 million in arrears, with more the than 5.2 million illegal aliens)

The “New” black uneducatedmanagement with no experience, signed a contract with the Richards bay Hillside Smelter. To deliver 120 MW of Power, for 25 years (Who in his right mind sign a contract for such a long period?) At a reduced cost of 27% of the real cost of electricity. ( 120 MW is enough power to run a City the size of Vereeniging)

The ANC the sole shareholder wanted a piece of the cake (the two new Power plants) and 'got' a big piece of Hitachi - the company who 'won' the contract to supply the boilers for these power stations.

Because of this Eskom wasn'tallowed to take Hitachi to court when Shit, sub grade materials were supplied.

Then Eskom, with it's reduced standards, attempted to project manage the construction ofthese new power stations by itself.

What a calamity !!!!!

The money was borrowed from the world bank, however because they are coal stations a requirement was the installation of flue gas desulpherisation. This hasn't happened (yet) because of insufficient water. So Eskom(They don’t mention the ANC Government) is in the Shit with the world bank. In Short,because of taxation, affirmative action, transformation, employment, equity,

BBBEE, lots and lots of corruption, a bloated and bureaucratic workforce etc,Eskom has run out of money and generation capacity, standards have dropped dramatically, corporate memory is being lost at an alarming ratedue to “forced” retrenchments of skilled, Qualified white persons with years of experience.

Today Eskom is attempting to borrow the money for the steam generator replacement at Koeberg from a French bank.

One of the questions that thisbank is asking is about post Fukushima safety improvement progress. Guess what !!!!! 

Because there is no money ..........

As is always the case, SOMEONE must pay. So Eskom wanted to dramatically increase its price. The government (who is also the sole shareholder)wouldn't allow an increase large enough to cover the cost of its mismanagement.

So Eskom is bankrupt, And, there is no money for maintenance, so the situation will carry onuntil total break down is the last resort.

 

 

 

Sunday, November 16, 2014

Eiffel tower at Paljas Backpackers

The Wooden Eiffel tower at Paljas Backpackers Bult Cachet Park, Potchefstroom. South Africa 

Build on assignment by Sakkie Britton, our professional handyman, for Paljas Backpackers in 1999. 

It is completely build out of wooden poles a 1000 screws and only 4 steel 25mm square tubbing and it is 13 meters high. 

We meditate for 2 years about this Eiffel tower. We got some pics from the Internet and even got a small wooden model.  At one stage we even wanted to buy a 4 meter iron Eiffel at Parys a nearby town. 

Then one morning Sakkie came to me and said he is right to build it now. 

He bend the square tubbing against a nearby tree and start building it. He build it lying straight on the ground. When it was finish he used a bakkie to pull it in place. It took 6 weeks to finish. 

It is very strong, you can even sit on the first floor or even climb to the top, but we stopped that because of the risk involved. 

Our motto at Paljas Backpackers: 

To build something out of nothing. 


Sunday, November 2, 2014

Sondag middag in Fiori Café Die Bult Potchefstroom


Ek sit hier by Fiori. Dis nou Sondag  2 Nov 2014. 15h20

Lees gewoonlik Sondae die Rapport koerant hier en eet sommer dan lekker buffet hier by Gerda en Johan. Gewoonlik skep hulle vir my kos uit as ek laat is. Vandag kon ek nie eet nie want ek het 'n baie groot en laat ontbyt gehad. dammit! :-)

Ek kyk deur die venster, Dis bewolk buite, lyk na 'n sagte motreën dag.

Ek drink 'n cuppacino.

Die Rapport lê oop voor my... Ek tweet sommer van die goed.
"Cyril se plan met plase weggelag..."
My tweets volg.

@RSApolitics. #ANC "slim" agri policy. Escalating Higher food prices follow. "slim gaan sy baas nog vang" @Mr_Oosthuizen

Ek volg my social media op terwyl ek so lees.... mmm ek vorder nogal sterk; het nou op Facebook seker 500 friends, 1733 Twitter-, 88 Instagram- en 93 pinterest followers.

Het dalk nou so laat in my lewe dalk my lewens nish ontdek... Dan hoor ek die volgende refrein in my kop.
"Do what you love and you will not work one day in your life"
mmm...  Ja dink ek.

Dis nou 16h00 ek Bestel oatspap met koue melk en heuning en 'n ekstra bakkie. Ek lag vir myself, Ja, kan ek nou al weer honger wees? Snaakse eetgewoontes!

Friday, August 1, 2014

My regte

https://www.afriforum.co.za/suid-afrikaners-onseker-oor-regte-afriforum-bemagtig-hulle-met-raad/

Friday, July 18, 2014

Asemhalingsprobleme op die Bult.

Die maak van giftige plastiek vure op die Bult hou net aan en aan ten spyte van die ongelooflike gesondheidsgevare wat dit vir duisende mense inhou. Tog is dit of die owerhede nie werklik belang stel nie. Dit ten spyte van ons grondwetlike reg op skoon lug. 

Die polisie neem 'n passiewe rol in oor die giftige plastiek vure en die Brandweer probeer hulle bes maar vanoggend toe ons weer die Brandweer bel het hulle op ons geskreeu dat hulle ander vure het om dood te maak en wou  op 5 versoeke nie hulle name vir ons gee nie. Nou ja, wat doen mens .... 

Die straatkinders en mense wat die vure maak steur hulle ook aan niemand en niks nie en sê hulle kry koud, so hulle hou aan om die plastiek te brand. 

So wat bly oor... Of ons maak die vure self dood, maar die probleem is dat die vuurmakers baie aggressief raak. Dit het weer sy eie probleme. 

“The burning of plastic bags releases chemicals into the air that we all breathe, causing serious lung damage and contributing to other long-term health problems. For people with lung diseases such as asthma and Chronic Obstructive Pulmonary Disease, even a single exposure to this type of smoke can worsen their disease. This can result in hospitalization, increased use of expensive medications and absences from school or work.”
Background Information: ….
Dr. Brian Graham, President & CEO, Lung Association of Saskatchewan

The PVC lifecycle -- its production, use, and disposal -- results in the release of toxic, chlorine-based chemicals. These toxins are building up in the water, air and food chain.
The result: severe health problems, including cancer, immune system damage, and hormone disruption. No one can escape contamination: Everyone, everywhere has measurable levels of chlorinated toxins in their bodies.

Google of lees hier oor die gevare van plastiek vure.

http://plasticisrubbish.com/2008/06/02/dioxins-why-you-dont-want-to-be-burning-plastic/

Tuesday, July 15, 2014

Ventersburg Caltex stop.

Uitgefees in Grahamstad, sit met verkoue en amper weer terug in Potchefstroom.  
Gisternag oornag in Colesberg en vandag eers gaan rondshop in Bloemfontein.
Drink nou n koffie om wakker te bly en laai my selfoon hier by Ventersburg,  Maxis,  Sullivia Caltex stop. Mmm... Een vd min plekke met plugs by die tafels.
Sanral het die paaie hier heeltemal verander.  Nou 3 maand oop. Baie verbeter maar met vreeslike verwarrende pad aanwysings. Moes 5 km verbyry voor ek weer kon omdraai.
Ek vertrou Sanral gaan nog al die aanwysings reg stel anders sien ek swarigheid vir die besighede hier.
Almal gaan net verbyjaag. 

Wednesday, July 9, 2014

Giftige en gevaarlike plastieksak vure op die Bult. 21 Junie 2014.

Hierdie fotos is geneem Vrydag oggend 21 Junie 2014 voor die Wimpy op die Bult park,  Potchefstroom.

Hierdie is gevaarlike en giftige plastiek swartsak vure op die Bult. Hierdie rook is so lewensgevaarlik maar trek blykbaar geen aandag van die gesondheidsowerhede nie. Dit laat letterlik duisende jongmense op die Bult met long probleme.
Die giftige plastiek vure word deur die nag gemaak. Die gemors,  soos op die fotos, lê ook maar altyd hier. Daar is ook geen respek vir die wat die toilette moet gebruik nie,  as dit nie soos gewoonlik gesluit is nie. 
Weekliks bel ons die brandweer deur die nag wat met groot moeite die vure kom blus net om dadelik daarna maar net weer gemaak te word.
Daar is min belangstelling van die owerhede om dit te stop.
So gaan net aan en aan en aan....